Een dood, drie kritiek in skietery by huis

Argieffoto

Argieffoto

ʼn 45-jarige man is in hegtenis geneem nadat hy die naweek in Balfour in Mpumalanga by ʼn huis opgedaag en glo sy broer doodgeskiet en drie ander mense gewond het.

Brig. Leonard Hlathi, provinsiale polisiewoordvoerder, het gesê die voorval het Saterdag omstreeks 20:00 by die huis in Letsokostraat in Siyathemba plaasgevind.

“ʼn Man wat ʼn kamer by dié huis huur, het aan die polisie gesê hy het buite die huis saam met die verhuurder [die oorledene] se vrou gestaan toe ʼn rooi Toyota Conquest buite die hek stilgehou het,” het Hlathi gesê.

“Die verhuurder se jonger broer het uit die voertuig geklim en die man en vrou wat buite gestaan het, gevloek. Hy het ʼn vuurwapen uitgepluk en sy broer se vrou geskiet, voordat hy na sy broer toe is, waar hy sy broer en twee ander huurders geskiet het.”

Die broer is op die toneel dood. Die drie ander slagoffers is in ʼn kritieke toestand na ʼn nabygeleë hospitaal geneem vir behandeling. Die verdagtes het ná die skietery in sy motor gevlug en homself Sondag om 08:00 aan die Balfour-polisie oorgegee.

Die polisie is steeds op soek na die vuurwapen wat tydens die voorval gebruik is, aangesien die verdagte dit nie by die polisiestasie ingehandig het nie.

Die man moet Maandag in die Balfour-landdroshof verskyn op ʼn aanklag van moord en die aanklagte van poging tot moord.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Buitestander ·

Hoe boos het die wêreld geword?
Almal het besirk geraak.
Kon moes die onderonsie uit gepraat het. Waarvoor al die geweld?
Jy moet jou naasste liefhê soos jouself.

Fanie Naude ·

My suster kom kuier die naweek vir my tussen al haar harde werk deur en bring vir my arms vol geskenke en swaarverdiende kontant uit haar beursie. Hoe lekker sou die beskuldigde nie nou gevoel het as hy eerder ‘n vredesgeskenk vir sy broer aangebied het nie.

marie visser ·

Mense leef sonder God-Drie-Enig in hul lewe, dis die dat dit so gaan.

Anoniem ·

Dit bewys net weer hoe gering (en nou moet ek my woorde tel) “hulle” ‘n lewe ag.

Henda ·

Hoekom met geweld alles wil regmaak. Dink hulle rerig dat daar nie gevolge gaan wees nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.