Een dood, drie vas ná rooftog

Argieffoto: Kent Williamson

Drie verdagtes is in hegtenis geneem en een doodgeskiet ná ʼn sakeroof in Milnerton, Kaapstad.

Kapt. FC van Wyk, woordvoerder van die polisie, het gesê beamptes het omstreeks 18:00 op die toneel aangekom nadat hulle deur ooggetuies ontbied is.

“Agt gewapende rowers het die kettingwinkel in Loxtonstraat binnegestorm en personeel en klante gedreig. Met beamptes se aankoms op die toneel het die rowers in ʼn wegkommotor gespring, maar die enjin het gestol.”

Volgens Van Wyk het ʼn skietgeveg tussen die polisiebeamptes en die rowers, van wie een ʼn vrou was, uitgebreek en is een van die rowers noodlottig gewond. ʼn Polisiebeampte is in die skouer geskiet.

Beamptes kon daarin slaag om drie verdagtes in hegtenis te neem. Twee van die verdagtes is 34 jaar oud en die derde verdagte is 42 jaar oud.

“Daar is op drie handwapens beslag gelê. ʼn Soektog is na die ander verdagtes van stapel gestuur,” het Van Wyk gesê.

Mense met inligting oor die voorval word versoek om die Milnerton-polisie by 021 528 3017 of Stop Misdaad by 0860 010 111 te nader.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Jan Makkink ·

Die mense met die inligting is gearresteer. Laat hulle die praatwerk doen. Hul menseregte kry nie so gou seer nie. Hul ken seker nie die wat weg gekom het nie. En die bestuurder is onskuldig, net die motor bestuur…

A Bezuidenhout ·

Die dag wat ‘n persoon besluit om ‘n krimeneel te word, het hy/sy hulle menseregte vaarwel toegeroep!! Hulle voel vere vir hulle slagoffers se menseregte!!

Stephen Namibia ·

Wanneer is die skurk n verdagte en wanneer is hy sommer net n rower??

Gert ·

Hierdie berig moes net anders gelees het om n beter afskrik middel te wees (7 dood En een inhegtenis geneem sonder beserings aan amptenare .)

A Bezuidenhout ·

Diègene wat skree oor menseregte vir kriminele moet sommer saam met hulle in die tronk gegooi word!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.