Een dood, een beseer in brand

Argieffoto

Argieffoto

Een persoon is onherkenbaar verbrand en ‘n veiligheidswag het erge brandwonde opgedoen nadat ‘n brand Saterdagoggend by ‘n gebou in Queensburgh in Durban, KwaZulu-Natal uitgebreek het.

Volgens ER24 word die gebou vir voertuigherstelwerk gebruik. Met paramedici se aankoms op die toneel het hulle ‘n veiligheidswag vir rookinaseming en brandwonde behandel.

Hy is na die RK Khan-hospitaal geneem vir dringende mediese behandeling.

Die liggaam van die slagoffer is deur brandbestryders gevind terwyl hulle die gebou geïnspekteer het nadat die brand geblus is. Die oorledene is onherkenbaar verkool.

Die oorsaak van die brand is nog nie bekend nie en word deur die relevante owerhede ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.