Een dood, een beseer in Krugersdorp-botsing

Argieffoto (Foto: memyselfaneye, Pixabay)

Een persoon is dood en ’n ander beseer ná vier motors vanoggend op die N14 in Krugersdorp in ʼn botsing betrokke was.

Ineke van Huyssteen, woordvoerder van ER24, sê paramedici is kort ná 07:30 na die toneel ontbied waar ’n man onder een van die voertuie aangetref is.

Die man het noodlottige beserings in die voorval opgedoen en is op die toneel dood verklaar.

Volgens Van Huyssteen is die besonderhede rakende die ongeluk nie in die stadium bekend nie. Die plaaslike owerhede was wel op die toneel om ondersoek in te stel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Kolskoot ·

Al 4 motors was in n wedren betrokke SPOED is die hoofoorsaak van alle ongeluke oplossing maak die spoedgrens 80 km per uur en in stedelike gebiede 20 km per uur dieselfde getal mense sal nog steeds sterf op ons paaie passel nou maar self uit wat veroorsaak die dood op ons paaie

DS ·

Kolskoot dit is ALMAL (wit, swart, bruin, geel, pienk, pers) wat die padreels verontagsaam. ‘n sperstreep beteken gaan verby, die karre aan ander kant van pad MOET jou voorkeer gee en van pad af ry sodat jy veilig verby die trok kan kom. Rooi robotte en stoptekens beteken trap die petrol en jaag oor. En soos ek se ALMAL doen dit deesdae moet aansteeklik wees. Wens die ou “speedcops” van die ou SA kan terugkom want hulle het nie twak of bribes gevat nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.