Een dood, een ernstig beseer in ongeluk op N2

Die motor waarin die oorledene en sy passasier onderweg was. Foto: Verskaf

Die Oos-Kaapse polisie ondersoek ʼn saak van strafbare manslag ná ʼn botsing tussen ʼn vragmotor en ʼn kar in die omgewing van Msobomvu in die voormalige Transkei waarin ʼn man dood is en nog een ernstig beseer is.

Blykbaar was ʼn passasiersmotor en ʼn trok Saterdag betrokke in dié ongeluk op die N2 naby die nedersetting Zazulwana, Butterworth, sê kapt. Jackson Manatha, Oos-Kaapse polisiewoordvoerder.

“Die 25-jarige bestuurder van die motor is op slag dood terwyl sy passasier, ʼn man in sy vroeë 30’s, ernstig beseer en na die hospitaal op Butterworth geneem is,” sê Manatha.

“Die oorsaak van die ongeluk is nog nie bekend nie en speurders van die Msobomvu-polisiestasie stel ondersoek in.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Janet ·

Daar moet dalk gekyk word na die trok bestuurders. Meeste van die ongelukke oor die laaste tyd was trokke in betrokke.

Papa G ·

In my omgewing (die Mpumalanga Hoëveld) is daar duisende vragmotors. Die motoriste jaag soos besetenes by hulle verby. Die meeste van die verbyjaendes is nie taxi’s nie. Miskien is ongeduld, jaaggierigheid en blatante minagting van sperstrepe, enkel, dubbel of geel en dubbel, die probleem. Die maklike oplossing is natuurlik om die regering en die taxi’s te blameer. Ek wil tog mooi vra, as jy met jou Fortuner of Hilux selfmoordneigings het, ry jouself alleen dood!

humor ·

Die slagting op ons paaie die afgelope tyd is darem oorweldigend. Mens eis behoorlik as jy dink aan die naderende Kersgety.

Aged parent ·

Ek is ‘n forensiese patoloog. Ek doen die lykskouings vir die afgelope 25 jaar. Ek weet v wat ek praat. Ry veilig!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.