Een dood, een kritiek in gru-fratsongeluk

Argieffoto

Een man is dood en ʼn ander man in ʼn ernstige toestand in die hospitaal ná ʼn groot rotsblad tydens ʼn bouery op hulle geval het.

Russel Meiring, ER24-woordvoerder, sê die voorval het in die industriële gebied in Rosslaan in Potchefstroom plaasgevind.

Meiring sê die een man het met die aankoms van nooddienste reeds aan veelvuldige beserings beswyk. Sy liggaam is deur die impak en die gewig van die rotsblad fyngedruk.

Die ander man is in ʼn ernstige toestand na die hospitaal geneem.

Volgens Meiring was die mans besig met aanbouings binne ʼn besigheidsgebou toe die voorval plaasgevind het. ʼn Groot rotsblad het op albei mans neergestort. Omstanders en ander personeel kon daarin slaag om dit van die mans te verwyder.

Die een man is steeds in die hoësorgeenheid van die Mediclinic in Potchefstroom.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

cor ·

Vra ek ook , was dit nie miskien ‘n beton blad nie ? . Hier gaan natuurlik n ondersoek kom deur dept. Arbeid en o wee as die kontrakteer of eienaar nie aan die nodige veiligheids regulasies voldoen het nie is dit nag vir hom. Ek hoop vir sy part die werkers was ook geregistreer by die ongevalle kommisaris en dep. van arbeid.

Andile ·

Sekerlik n marmer of graniet blad. Ek gaan nou bietjie krieket kyk. enige krieket, anders was dit nie die moeite werd nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.