Een dood in skietgeveg met polisie

(Argieffoto: Kent Williamson)

ʼn Verdagte is doodgeskiet en sy twee makkers kon daarin slaag om te ontsnap nadat polisiebeamptes hulle wou voorkeer en ʼn skietgeveg uitgebreek het.

Die Isipingo-triomisdaadtaakspan het Vrydag vroegoggend patrollies gedoen in die Malukazi-omgewing toe hulle ʼn bakkie gewaar het met bloed wat agter van die bakkie af geloop het.

Volgens kol. Thembeka Mbele, polisiewoordvoerder in KwaZulu-Natal, het die beamptes die bakkie van die pad probeer trek, maar die verdagtes het weggejaag. ʼn Jaagtog het gevolg waarna die verdagtes skielik stilgehou het en uit die bakkie gespring en op beamptes losgebrand het.

Een van die verdagtes, vermoedelik in sy 40’s, is doodgeskiet en die ander twee het weggekom. ʼn Vuurwapen waarvan die reeksnommer afgevyl is, is op die toneel gevind. “Toe beamptes die bakkie deursoek het, is daar op ʼn dooie bees afgekom.”

Die bakkie is in Augustus vanjaar in Brighton Beach gesteel.

Die polisie ondersoek sake van poging tot moord, die besit van ʼn ongelisensieerde vuurwapen en die besit van vermoedelik gesteelde goedere.

Die soektog na die ander verdagtes duur voort.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Cornelius ·

Hoe kry die kriminele dit altyd reg om weg te hardloop en dat die polisie hulle nie kan vang nie. Is die polisie te vet en oorgewig om hulle fisies agterna te sit.

Johan ·

Exactly,en gevolglik onfiks. Die buiteland lag vir ons,kriminele ook.

Sarel ·

Hier gaan weer ” n Poliesman azngekla word vir moord.
Cornelius wat gaan jy doen dasr op jou geskiet word.
Sorg net vir skoon broek.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.