Een dood, minstens 23 beseer in Vrystaat-busongeluk

Die ongeluk tussen ʼn bus en ʼn minibustaxi op die N8 naby Thaba Nchu in die Vrystaat op 19 November 2016 Foto: ER24

Die ongeluk tussen ʼn bus en ʼn minibustaxi op die N8 naby Thaba Nchu in die Vrystaat op 19 November 2016 Foto: ER24

Een persoon is Saterdag dood en minstens 23 beseer tydens ʼn ongeluk tussen ʼn bus en ʼn minibustaxi op die N8 naby Thaba Nchu in die Vrystaat.

“Die brandweer en reddingsdiens was op die toneel om persone uit die wrak van die taxi te red,” het Chitra Bodasing Harduth, woordvoerder van ER24, gesê. “Ongelukkig kon paramedici niks doen vir die persoon wat in die pad gelê het nie. Hy is op die toneel dood verklaar.”

Een persoon is in ʼn kritieke toestand met ʼn helikopter na ʼn hospitaal geneem.

“Ander persone het geringe tot ernstige beserings opgedoen. Hulle is op die toneel behandel en daarna na hospitale geneem vir verdere behandeling,” het sy bygevoeg.

Die oorsaak van die ongeluk is nog nie bekend nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Buitestander ·

Het albei bestuurders ‘n geldige bestuurslisensie, wanneer laas is hulle gesig getoets en kan hulle goed sien?

Tim ·

Die bus staan dwars oor die pad en die mini bus is op die geel strepe buite die baan…hmm

Jan maak n Plan ·

Dit is nie alweer openbare vervoer nie – dis nog steeds openbare vervoer. Ek loop eerder met die voet alvorens ek saam met een van hulle moet ry en my ma het nie bang kinders gehad nie.

Sarie ·

Hihihi… Ek stem saam met jou, Jan… Mý liggaam is reeds verwoes agv ‘n botsing met ‘n taxi! Ek is maar lugtig vir die “houers” van gekoopte lisensies!!!

Anoniem ·

die foto by die berig se eindelik alles! taxi het seker weer nie gestop nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.