Een dood ná boer en ‘aanvallers’ op mekaar skiet

Foto verskaf aan AT Inkmedia.

Foto verskaf aan AT Inkmedia.

ʼn Vermeende plaasaanvaller is dood en nog een gewond in ʼn skietgeveg met ʼn boer van die Amersfoort-omgewing in Mpumalanga.

Brig. Selvy Mohlala, woordvoerder van die polisie, het aan Maroela Media gesê die voorval het omstreeks 12:40 op Natie van der Merwe (53) se plaas gebeur. Van der Merwe het glo vier mans buite die heining om sy erf sien loop en uit die huis gestap om hulle te konfronteer.

“Volgens die polisie se inligting het hy [Van der Merwe] die mans gevra wat hulle op sy plaas soek en hulle het gesê hulle is op soek na werk,” het Mohlala gesê. “Hy het vir hulle gesê hy het nie vir hulle werk nie en hulle versoek om die perseel te verlaat. Toe die mans steeds weier om te loop, het Van der Merwe vir sy vrou geskree om die polisie te bel.”

Foto verskaf aan AT Inkmedia.

Foto verskaf aan AT Inkmedia.

Volgens Mohlala het een van die verdagtes ʼn vuurwapen uitgeruk en op Van der Merwe begin skiet. Hy het teruggeskiet en twee van die mans is gewond. Een van hulle is op die toneel dood. Van der Merwe is nie raakgeskiet nie.

Mohlala het gesê polisiebeamptes was vinnig op die toneel waarna die oorblywende twee verdagtes in hegtenis geneem is. Die derde verdagte is onder polisiebewaking in die hospitaal opgeneem nadat hy in die agterstewe geskiet is.

ʼn Saak van poging tot moord word ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

25 Kommentare

Magda Ellis ·

Poging tot moord aan wie se kant? Die boer of die boer en d aanvallers?

Klinkklaar ·

Net ‘n ou tikfoutjie: “Die derde verdagtes” ….

Bloues ·

Klinkklaar….rerig? soos in rerig is dit jou kommentaar? Aijaijai

Karen ·

Ons sit met n Volk wat uitgemoor word en mense kommentaar oor tikfoute??

Wat is dit?????

JoeV ·

Dis reg Klinklaar, help hulle, niemand anders kyk na die Taal nie!

Ronell ·

Mooi! Een vir die boere… Bly jy was so oopkop Mnr Van der Merwe. *HIGH-FIVE*

Mike de Beer ·

Poging tot moord teen die boer word ondersoek. Een van die verdagtes het ‘n vuurwapen uitgeruk nadat die boer hulle gevra het om sy eiendom te verlaat. Hy is die eienaar van die eiendom en hy kan seker besluit wie hy daar toelaat en wie nie. Eweneens kan hy hom seker verdedig as iemand ‘n vuurwapen op hom rig en vuur en dit boonop op sy eiendom. Ondersoek dus eerder ‘n “poging tot selfverdediging” teen die boer en poging tot moord en betreding van privaateiendom teen die res. Die regverdigheid van al hierdie is absurd.

Matie ·

Ek is seker dit is net standaard prosedure, maar ja dit is sleg dat hy ook ondersoek moet word.

Dries venter ·

Stem saam die oortreders Moet vir poging om te moor aangekla word . V d Merwe het hom en sy eiendom beskerm .

Christo R ·

Goed gedoen Natie, so ken ek die Amersfoorters. Ek hoop nie die klag van poging tot moord is teen jou nie.

Jan maak n Plan ·

Skote Petoors ek meen Van Der Merwe. Wel gedaan ou maat.

Winston ·

Puik optrede Natie! Regtig n riem onder my hart om te lees van n paraat boer. As jy nie was nie, was jy n deel van statistiek.

Knersus D ·

Goed gedoen! Al hoe meer hoor ons van mense wat terug veg en wen.

Sterkte aan die ander wat geliefdes verloor het a.g.v. misdadigheid die afgelope naweek.

pop ·

Natie eks bly jy het jou wapen by jou gehad, anders het jou familie nou hier gelees van die tragedie. Jy kan jouself nie teen 4 mense verdedig as jy ongewapen is nie.

Piet ·

Wel gedaan Natie! Dankbaar dat jy en jou familie ongedeerd is!

Neville ·

Ek hoop poging tot moord aan die aanvallesrs se kant. Hoe kan die boer aangekla word as hulle op sy perseel was en geweier het om te gaan toe hulle versoek is. Hoekom was hulle daar en hoekom was hulle gewapen.?? Mens soek nie werk met wapens jammer.

Karolis ·

Ag siestog Maroela moderator,
Verduidelik tog hoekom my kommentaar verwyder is asseblief.

Eish! ·

Ekskuus, hy het die SAP laat bel. Is nie sy skuld dat hul nie vroegtydig opgedaag en hom kom verdedig het nie. Hy MOES hom en sy eiendom en sy gesin en sy volk verdedig. Ek se maar net.

Pieta ·

Aan almal wat so galbraak oor die “poging tot moord” wat ondersoek word: Lees die berig behoorlik, asb. Daar is geen sprake van ‘n ondersoek teen die boer nie. Indien wel, sou dit op ‘n aanklag van MOORD gewees het, want ‘n aanvaller is dood – die boer het egter in selfverdediging opgetree. Een van hulle het wel op die boer geskiet en DIT is poging tot moord. Sodra die ondersoek voltooi is, sal die VOLLEDIGE FEITE duidelik word. Daarsonder dien onkundige afleidings en negatiewe spekulasie geen doel nie.

GES ·

‘n Kollega van my het ook een betrap op sy erf om en by middernag. Die kêrel het ook bykbaar werk gesoek. Tye is maar hard (tong in die kies).

Yolande ·

Genade!!! Wanneer kry die “skiet n boer,kill a farmer” end? En as jy jouself en gesin beskerm word daar n saak van moord teenoor jou geopen. Maar hulle moor,verkrag,plunder en brand af?? BRING DIE DOODSTRAF TERUG!!!!!! Dalk dan sal dit stop.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.