Een dood ná brand uitbreek by Centurion-aftreeoord

Een dood ná brand uitbreek by Centurion-aftreeoord (Foto: ER24)

Een mens is dood nadat ʼn brand Vrydagaand by ʼn aftreeoord in Midstream in Centurion uitgebreek het.

Ineke van Huyssteen, ER24-woordvoerder, sê ander nooddienste was reeds op die toneel toe ER24 net ná 19:00 by die toneel aangekom het.

Volgens Van Huyssteen was ʼn groot aantal inwoners van die aftreeoord genoop om te ontruim.

“Die presiese omstandighede rakende die brand is nie in dié stadium bekend nie. Plaaslike owerhede was op die toneel om ʼn ondersoek te begin,” het sy gesê.

ER24-nooddienste kon by navraag nie bevestig waaraan die inwoner van die aftreeoord oorlede is nie. Dit is nie in dié stadium bekend of die brand te doen gehad het met die sterfte nie.

Meer inligting sal ná ʼn nadoodse ondersoek bekend gemaak word.

Een dood ná brand uitbreek by Centurion-aftreeoord (Foto: ER24)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

amanda strauss ·

kan julle nie eerder sê…1 persoon is dood as wat julle dit stel 1 mens is dood nie????

Elsje ·

Regtig. Mense se harte is seer en jy kerm oor ‘n sin. Wat word van ons???? Ek is so jammer vir die mense, dit was ‘n ouma/oupa/ma/pa wat gesterf het. Ek bid vir julle gesin en mag jul vertroosting vind.

CHRISTA ·

Ek hoop en vertrou die ander bejaardes is veilig!! Dit moes vir hulle verskriklik angswekkend en ontwrigtend wees!! Sterkte aan hulle almal!!

Soufie ·

Skryf liewer, oorlede ipv dood, dis net ‘n bietjie sagter. Sterkte vir almal

Chris Crouse ·

Sestien nuusberigte met ‘n negatiewe strekking!!!! Is daar dan geen positiewe beriggewing deesdae meer nie?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.