
Foto: SAPD
Volgens die polisie was beamptes omstreeks 12:00 op patrollie toe hulle ʼn verdagte wit BMW opgemerk het met vier insittendes. Toe beamptes die motor nader, het die bestuurder weggejaag en die polisie het hulle agternagesit.
Die insittendes het op die polisiebeamptes losgebrand en die beamptes het teruggeskiet. Die BMW het in die rigting van Ngcondoweg gery toe die bestuurder beheer verloor en teen ʼn wal afgery het.
Drie verdagtes het uit die motor gespring en te voet gevlug. Die polisie kon daarin slaag om twee van hulle vas te trek. Die ander verdagte is dood in die motor aangetref.
Die twee verdagtes wat in hegtenis geneem is, sal binnekort in die Durban-landdroshof verskyn op aanklag van poging tot moord en die besit van motordiefstaltoerusting. ʼn Geregtelike doodsondersoek is ook geopen.
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
3 Kommentare
Ek kry moed . Daar is big goeie polisie manner wat hulle week ernstig opneem
Ek wil net vir mags se my drie kinders is opslag gedood toe onbekwame poliesie manne n jaagtog en on verskillige skietery van stapel gestuur het,die kaapers was vir oor die 70Km gejaag en geskiet deur die sogenaamde polisie waarna die verdagtes ook beheer verloor het oor hul voertuig en is my seun en sy gesin uit gewis in n kop aan kop botsing met die kapers waarna die verdagtes slegs n paar maande gevangenis straf op gele is. Ek dink die poliesie is n onbekwame klomp kansvatters jammer om te se