Een dood na hoëspoed-jaagtog in Umhlanga

Foto: SAPD

Foto: SAPD


Volgens die polisie was beamptes omstreeks 12:00 op patrollie toe hulle ʼn verdagte wit BMW opgemerk het met vier insittendes. Toe beamptes die motor nader, het die bestuurder weggejaag en die polisie het hulle agternagesit.

Die insittendes het op die polisiebeamptes losgebrand en die beamptes het teruggeskiet. Die BMW het in die rigting van Ngcondoweg gery toe die bestuurder beheer verloor en teen ʼn wal afgery het.

Drie verdagtes het uit die motor gespring en te voet gevlug. Die polisie kon daarin slaag om twee van hulle vas te trek. Die ander verdagte is dood in die motor aangetref.

Die twee verdagtes wat in hegtenis geneem is, sal binnekort in die Durban-landdroshof verskyn op aanklag van poging tot moord en die besit van motordiefstaltoerusting. ʼn Geregtelike doodsondersoek is ook geopen.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

mags ·

Ek kry moed . Daar is big goeie polisie manner wat hulle week ernstig opneem

Johan ·

Ek wil net vir mags se my drie kinders is opslag gedood toe onbekwame poliesie manne n jaagtog en on verskillige skietery van stapel gestuur het,die kaapers was vir oor die 70Km gejaag en geskiet deur die sogenaamde polisie waarna die verdagtes ook beheer verloor het oor hul voertuig en is my seun en sy gesin uit gewis in n kop aan kop botsing met die kapers waarna die verdagtes slegs n paar maande gevangenis straf op gele is. Ek dink die poliesie is n onbekwame klomp kansvatters jammer om te se

Elizabeth ·

Johan, meegevoel met die uiters hartseer omstandighede waarin jou kinders se lewens kortgeknip is. Ek moet egter opmerk dat dié omstandighede kwalik voor die deur van die SAPD gelê kan word. Dit was die kapers/misdadigers wat die situasie veroorsaak het. Die polisie het hul mag en reg uitgevoer deur die kapers/misdadigers te “jaag” en daar is tien-teen-een eerste deur die kapers/misdadigers op die SAPD-lede geskiet voor hulle ook met vuur geantwoord het.

Die ongeluk was waarskynlik ‘n gevolg van die bestuurder van die voertuig met die kapers/misdadigers daarin, wat vanweë hoë spoed of dalk verwonding/afsterwe beheer oor die voertuig verloor het en dit toe kop-aan-kop met jou kinders se motor gebots het. Dit is ‘n uiters hartseer situasie, met die verlies van drie onskuldige lewens, blaam op die manne in blou en kapers/misdadigers wat minimale strawwe kry (‘n regstelsel wat Jan Alleman op straat faal) en ‘n land wat besig is om te verkrummel onder ‘n korrupte regering.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.