Een dood ná konstruksievoertuig omslaan

Foto: ER24

Foto: ER24

Een persoon is dood en 14 beseer ná ʼn konstruksievragmotor Sondagoggend in Pietermaritzburg omgeslaan het.

Pieter Rossouw, woordvoerder van ER24, het gesê die vragmotor het in Murrayweg gery toe die bestuurder glo beheer verloor en die vragmotor omgeslaan het. “Die konstruksievoertuig het 15 passasiers vervoer.”

Volgens Rossouw is een persoon met paramedici se aankoms op die toneel dood verklaar. Die ander 14 passasiers het geringe tot matige beserings opgedoen. “ER24 het agt pasiënte na die Northdale-hospitaal vervoer vir behandeling. Die ander pasiënte is deur ander paramedici na nabygeleë hospitale vervoer.”

Die presiese oorsaak van die ongeluk word ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.