Een dood ná leerder glo drie by skool steek

Die Forest High School in Forest Hill, Johannesburg. (Foto: Google Maps)

ʼn Graad 8-leerder is Maandagmiddag buite ʼn hoërskool in die suide van Johannesburg na bewering deur ʼn medeleerder doodgesteek.

Steve Mabona, woordvoerder van die Gautengse departement van onderwys, sê die voorval het by die Forest High School in Forest Hill gebeur. Volgens Mabona is nog twee leerders in die voorval beseer en na ʼn hospitaal gehaas.

“Daar word beweer ʼn 20-jarige graad 11-leerder het drie van sy medeleerders buite die skool gesteek. ʼn 18-jarige leerder in graad 8 is op die toneel dood, terwyl twee ander leerders, onderskeidelik 15 en 18 jaar oud, na ʼn plaaslike hospitaal gehaas is. Die leerders ontvang die nodige mediese behandeling,” sê Mabona.

Panyaza Lesufi, LUR vir onderwys in Gauteng, het hom dadelik na die skool gehaas toe hy die nuus ontvang het.

Volgens Mabona is eksamens by die skool vir die volgende 48 uur tydelik opgeskort. “Ons psigo-maatskaplike span sal die nodige berading verskaf.”

African News Agency berig ouers het vanmiddag ná die voorval buite die skool saamgedrom. Die liggaam van die leerder wat gesterf het, het in daardie stadium nog buite die skool se heining gelê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

45 Kommentare

anita ·

So volwasse mense in graag en twaalf. Lefusi kanie tel nie. Wat soek hulle nog in die skool

Sarie ·

Heeltemal reg anita. Hy kan nie tel nie. Ander kan nie spel nie.

willem Botha ·

Artikel 5.1 van die perskode se in hierdie geval kon julle verwys het na die ras van die aanvaller.

LeRoux ·

Ek is so dankbaar ek kon my kinders uit Suid Afrika uitkry !

Thelma ·

Ek is jammer maar daar moet ernstig gekyk word na leerders se ouderdomme en die grade. Jy kan nie 18 wees en steeds in graad 8 nie!! Daar is skole vir leerders met leer gestremdheid (leergestremd) soesiale skole. Dit is omdat volwassenes saam kinders gedwing word dat sulke goed gebeur. Dit is mos nie normaal nie!!!

Arno Scheepers ·

18 jaar oud en in graad 8.
Jy hier nie eers sy naam te noem nie ons weet.
Wonder watter graad is sy kind.

Andre ·

As jy ouer is moet jy mos meer volwasse wees.sulke goed gebeur omdat daar geen wette meer is…gn waarde geheg word aan lewe en menslikheid ontbreek

James ·

Lefusi hom gehaas na die skool…. het hy hom ook na die skool gehaas met brug… wonder maar net… oja afrikaans

Rooi Jan ·

Lesufi was daar hy laat nie n foto geleentheid verbygaan nie.

Cammie ·

Liewe hemel…..20 en in graad 11 …. wat soek hy daar …. leer is definitief nie n prioriteit by die leerder nie … as 30% die pass rate is … hoeveel het hy dan gehad om nou eers in graad 11 te wees. Hy is geen leerder nie … hy is n moordenaar … sluit toe en gooi sleutel weg ….. simpatie aan die leerder wat oorlede is se ouers .. maar sy ouderdom is net so erg 18 en in graad 8 …. albei van hulle moes al in die arbeidsmag gewees het …

BlinkStephaans ·

Waar is grootbek lisoefi nou… oja sorry… dis “our piepol”… hulle kan maar maak soos hulle wil.

Moedelose onderwyser ·

.Alle leerders sal in graad twaalf beland, al het hulle nog nooit enige graad geslaag nie. Hy mag slegs een keer druip in n fase, dan word hy oorgeplaas na die volgende graad. So, n kind mag slegs vier keer druip tot in graad twaalf, ouderdom maak nie meer saak nie.

Ria Maritz ·

Genade die “kinders” is stekerig in daardie Skool. Dissipline ? Dankie tog, dis nie Apartheid se skuld nie.

Thinus ·

So Motsega, Lesufi, is dit die gemors wat julle in Afrikaanse skole wil toelaat? Daar is geen dissipline in swart skole nie, nou wil hulle dit aan Afrikaanse skole afsmeer. Die onderwys stelsel onder Motsega en Lesufi is ‘n joke en ‘n disgrace.

Onnie ·

Soos wet vereis jy net 1 keer in n fase druip dan kan jy 22 wees wanneer jy matriek bereik. Maar sommige kinders los skool in die laerskool vir n jaar of 2 en dan bring hul ouers hulle terug vir die All Pay, dan moet ons hulle vat as hulle nog jonger as 15 is want hulle is nog skoolpligtig. So kan jy nogals redelik oud wees teen die tyd dat jy matriek maak….

Onnie ·

Daar is 4 fases op skool. Grondslagfase gr1-3, intermidiêrefase gr4-6, seniorfase gr7-9 en VOO-fase gr10-12. Leerders mag slegs 1 keer in n fase druip. Maak nie saak of jy absoluut boggerol doen nie, jy kan gr12 haal!

Boerin ·

Skole nou wegkruip plek vir jong misdadigers! Laas week 17 jarige in laerskool moor 11 jarige..Waar is Lesufi? O ! Besig om Afrikaans te vernietig !

Koos ·

Se ook maar net. Volwassenes, begeerte, te gaan, skoolbanke, antwoord. Hoe oud was jy toe jy graad 6 skool verlaat het?

Annoniem ·

En dit is die “toekomstige leiers van more”??? Welkom in Afrika, waar wetteloosheid aan die orde van die dag is. In my opinie, wat die eens mooie, suksesvolle land was, is daar nie eers meer salf aan te smeer nie.
Betreffende standaarde – daar bestaan nie meer so iets nie. 30% (wat beteken dat jy NIKS weet nie), word aanvaar as ‘n slaag-punt??? Skokkend, maar hy / sy mag nie gedruip word nie, want dan tas jy sy “menswaardigheid” aan… Te bang hy is die volgende een wat skole afbrand, as jy my vra. Maak nie saak hoe graag jy WOU skoolgaan nie, maar in my dae, was jy nie meer toegelaat om op skool-banke te sit as jy al 20 jaar oud was nie.
Toe ek 20 jaar oud was, was ek al klaar met matriek, het my diensplig voltooi EN het alreeds gewerk.
As ek nie van beter geweet het nie, het ek geglo dat die berig, ‘n swak April Fools grap was.

Thelma ·

Ek was 5 toe ek Gr 1 toe is, het as 17 jargie matriek geslaag, ek kan nie myself as 20 jarige sien sukkel met hoerskool werk nie.

Hendrik ·

Een van die dae gaan die proef studente jonger as die leerders wees!! Dis die dat die spul vra vir “free education” ….niemand kan vir soveel jaar aanhoudend skool geld betaal nie hahaha

Logika ·

Dis vreeslik as jy nie meer jou kinders kan skooltoe stuur en weet hulle is veilig nie.

Diefie ·

Sterkte aan die familie. Onthou mense, as jy nie in tronk was nie, Kan jy nie “parliament ” toe gaan nie.

nannie ·

Wat soek n 20 jarige in graad 11 en n 18 jarige in graad 8? Viva Lesufi. Pleks jy minder op afrikaanse skole en kinders toe slaan en eeder kyk na die ander.

Anoniem ·

Hulle moes seker vir ‘n paar jaar help om hulle babas se doeke om te ruil.

rubberbal ·

daardie einste 20 jarige wat nog op skool sit gaan voor my kind n beurs kry of n werk al het my kind 9 onderskeidings en 17 in Matriek

Jr ·

Ja mens sukkel om wettige ouderdom kinders te registeer want kamstig is hulle te vol. Te vol van 20 jariges en slapgatte en kriminele

Gert ·

20 Jaar graad 11 of soos ons ouer mense dit ken standard 9
18 Jaar graad 8 of standard 6
Nou wat soek sulke groot mense tussen die kinders gun wonder hulle is besig met bende gevegte in die skole .

Herder ·

Henk dit is waarom jy duidelik ‘n skapie is soos jy tereg spreek-help jouself want jy weet nie wat jy doen nie. Sal jy dit nou sien as afbrekende kritiek?

Anmar ·

Daar is spesifieke departementele beleid oor ouderdom in skole. ‘n Leerder is skoolpligtig tot gr.9. Verder mag hy nie meer as ‘n jaar ouer wees as die algemene ouderdom in ‘n graad nie, en indien dit sou gebeur word die leerder oorgeplaas na die volgende graad sonder bewys dat hy die vorge graad geslaag het. Die beleid is nie in hierdie skool gevolg nie. Die fout behoort dus by die skoolhoof en beheerliggaam gesoek te word. Dit gaan dikwels oor getalle en moontlike poste wat die skool kan verloor indien sulke leerders weggestuur word. Daar is verskillende kolleges wat vir oor-ouderdom leerders beskikbaar is wat verder as graad 9 wil leer.

Henk ·

Jong , ek sien ‘n probleem hier aankom vir die edele Lesufi. Met die stygende misdaadsyfer en die afwesigheid van sedes, norme en standaarde, sal die hoerskole een van die dae voor die laerskole moet uitkom sdodat die ouers betyds hulle kinders by die skool kan kry. Dit daar gelaat , sal ek graag wil weet hoe daar verwag word dat jou kind wat normaalweg 14 word in graag 8 , homself moet handhaaf teen ‘n 18 jarige in dieselfde graad of ‘n 20 jarige in graad 11 ? Het dit nie tyd geword dat daar ‘n ouderdoms beperking op skole in werking gestel word nie ?

Danielle ·

20 jaar oud in Matriek waar jy 17 of 18 moet wees.
18 jaar oud in Graad 8 waar jy 13 of 14 moet wees? Wat die hel gaan aan in skole?
Nourie dag was n 17 Jarige leerder in graad 7 in hegtens geneem oor hy n jonger kind geboelie het en toe dood is daarvan??? Kan hulle nie eers die 30% wat jy moet he om te slaag, slaag nie?

wonder ·

Sterkte aan ouders van kinders wat oorlede is en beseer is, mag die Lieve Vader Sy krag en genade oor jul hou, dis al wat mens kan se want om iets anders te se is net mens mors mens se asem?

Rissiepit ·

Een vani dae gaan daar seker 21st verjaardae ook in die skool gehou word, tronke raak oorvol een vanie dae verander hulle die tronke se name na Hoer Onderwys Instansie. dan moet jy 30 jaar wees as jy daaruit ko ‘n graad agter jou naam.

Yolanda ·

Ek hoor daagliks onderwysers kla. Cps dae is daar nie n kind in die skoolbanke nie. Hulle gaan trek hulle geld. Vrydag moes julle ons dorp gesien het. Geen normale mens kon iewers heen ry nie, nerens heen nie. Almal is dronk orals. Die een vrou se daar is in die laaste 20 min R40 000 deur haar till by die drankwinkel.
Die kinders is nie een dag bekommerd daaroor nie. Ek worry oor my eie kind wat sy bas afleer en in die top 10 is met n gemiddeld van 98% vir wie daar eendag gese gaan word jy kan nie n werk kry nie, want jy pigmentologies gestrem en vir iemand die werk gee wat in 20 min R40 000 se drank uitdrink en op 20 nog in gr 8 sit. Daardie worry my

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.