Een dood ná mesvoorval by Mthatha-tronk

Foto bloot ter illustrasie. (Argieffoto)

ʼn Mesvoorval by die Mthatha- korrektiewe sentrum in die Oos-Kaap het tot die dood van ʼn gevangene gelei, terwyl nog ʼn gevangene en ʼn korrektiewe beampte beseer is.

Vyf gevangenes het Dinsdagmiddag tydens ʼn oefensessie by die sentrum vier ander gevangenes en korrektiewe beamptes aangeval.

Volgens Singabakho Nxumalo, woordvoerder van die departement van korrektiewe dienste (DKD), is een van die aanvallers tydens die voorval dood. Die gevangene en korrektiewe beampte wat daartydens beseer is, word in ʼn hospitaal behandel.

ʼn Interne ondersoek na die voorval is van stapel gestuur en die polisie ondersoek ook die saak. Die regsinspektoraat vir korrektiewe dienste is ook daarvan in kennis gestel en sal na verwagting sy eie onafhanklike ondersoek doen.

Nxumalo het gesê die uitkoms van die ondersoek sal meer lig werp op die motief en presiese omstandighede rakende die ontstellende voorval.

“Die DKD monitor die situasie en die sentrum bly op ʼn hoë gereedheidsgrondslag.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

VaalDonkie ·

Ons monitor ook altyd net situasies soos mense wat by ‘n ongelukstoneel stop en toekyk terwyl mense doodbloei.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.