Een dood ná Parow-skietery

(Foto verskaf deur Netcare 911)

Paramedici is Donderdagoggend omstreeks 11:00 na ʼn toneel in Victoriastraat in Parow ontbied waar ʼn skietery plaasgevind het.

Shawn Herbst, woordvoerder van Netcare 911, het gesê twee mans is geskiet – een in ʼn motor en die ander by ʼn huis aan die oorkant van die straat.

“Die man in die motor het noodlottige beserings opgedoen. Hy is op die toneel dood verklaar. Die tweede man het ernstige beserings opgedoen. Hy het twee skietwonde opgedoen. Hy is op die toneel gestabiliseer en na ʼn hospitaal geneem vir verdere behandeling.”

Sers. Wesley Twigg, woordvoerder van die polisie in die Wes-Kaap, het gesê die omstandighede rondom die afsterwe van ʼn 47-jarige man word ondersoek.

“Onbekende verdagtes het skote op die man gevuur en van die toneel gevlug. Niemand is tot dusver in hegtenis geneem nie.”

Twigg het gesê ʼn 36-jarige man het skietwonde in sy skouers opgedoen.”

Die polisie in Parow ondersoek ʼn saak van moord en poging tot moord.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.