Een dood ná rooftog by winkelsentrum

Argieffoto

Die polisie in die Oos-Kaap het Saterdag ʼn soektog na twee verdagtes van stapel gestuur nadat hulle Vrydag ʼn 43-jarige veiligheidswag van dié provinsie tydens ʼn rooftog doodgeskiet het.

Kapt. Dineo Koena, woordvoerder van die polisie, sê twee gewapende mans het glo een van die winkels binne ʼn inkopiesentrum binnegestorm en aangedring op kontant.

Volgens hom is ʼn onbekende bedrag geld toe aan die twee verdagtes gegee. Koena sê die twee mans het ook tekkies, skoolsakke en pette ter waarde van meer as R2 000 gesteel.

“Toe die verdagtes by die sentrum ontsnap, het die veiligheidswag hulle probeer voorkeer. Hy is geskiet en is op die toneel dood verklaar,” sê hy.

Die verdagtes het volgens hom te voet gevlug. Koena sê een patroon, vermoedelik dié van ʼn 9 mm-pistool, is op die toneel gekry.

Niemand is nog in verband met die voorval in hegtenis geneem nie. Enigeen met meer inligting word aangemoedig om die naaste polisiestasie te kontak.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Wonder maar net ·

Wonder maar net waar in die Oos-Kaap? Seker nie van belang?
Sterkte aan die wag se naasbestaandes.

Yankee ·

Kyk julle ouens nie “cops” nie? Almal kom weg!! Hoe op dees aarde!! Voer ons US cops in by hul honderde. Alles sal STOP.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.