Een dood na skietery by Kaapstad-lughawe

Foto: Ashley Mills, saairforce.co.za

Foto: Ashley Mills, saairforce.co.za

Een persoon is dood en drie mense beseer na ‘n skietery Woensdagaand by die Kaapstadse Internasionale Lughawe.

“Ek kan bevestig een persoon is doodgeskiet en drie is gewond en na ‘n hospitaal geneem,” het kapt. Frederick van Wyk, woordvoerder van die polisie, gesê. “Dit is voorlopige inligting.”

Daar word berig dat die oorledene glo by ‘n restaurant ingestap en sy vriendin geskiet het waarna hy glo selfmoord gepleeg het.

Die lughawe het op sy amptelike Twitter-profiel bevestig dat daar ‘n “voorval by ‘n eetplek was en dat dit tot ‘n sterfte gelei het.” Die area is afgebaken en as ‘n misdaadtoneel verklaar. “Dit is ‘n tragiese gebeurtenis en ons medelye gaan uit aan die vriende en familie.”

Die lughawe sê aangesien die voorval in ‘n kleiner gedeelte van die lughawe plaasgevind het, word ander bedrywighede nie beïnvloed nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.