Een dood ná skietgeveg met polisie

Argieffoto: Kent Williamson

ʼn Verdagte is dood en ʼn ander beseer ná ʼn skietgeveg Woensdag tussen die polisie en verdagtes in Wesselsbron in die Vrystaat uitgebreek het toe dié polisiebeamptes gedurende ʼn winkelrooftog toegeslaan het.

Kapt. Stephen Thakeng, woordvoerder van die polisie, het gesê ʼn polisiebeampte, wat nie ten tyde van die voorval aan diens was nie, het omstreeks 15:25 ʼn wenk ontvang van ʼn winkelrooftog wat nie ver daarvandaan in die dorp se sakesentrum plaasgevind het nie.

Die polisiebeampte het besluit om op die wenk te reageer, maar het nog beamptes ontbied toe hy besef dat die verdagtes moontlik gewapen kon wees.

Die polisiebeampte het by die winkel aangekom net toe een van die verdagtes by die winkel uitgestap gekom het. Die verdagte het sy wapen op die polisiebeampte gerig terwyl ʼn tweede verdagte nog in die winkel doenig was. Nog polisiebeamptes het egter in dié stadium by die toneel opgedaag waarna ʼn skietgeveg tussen die twee partye uitgebreek het. Albei verdagtes, onderskeidelik 36 en 38 jaar oud, is in dié skietery beseer waarna hulle in hegtenis geneem is, het Thakeng gesê.

ʼn Derde verdagte het in dié stadium in ’n wegkom-motor in die straat gewag. Hy is ook tydens die klopjag in hegtenis geneem en die polisiebeamptes het op die verdagtes se motor, ʼn wit Volkswagen Polo met ʼn Vrystaat-registrasienommer, beslag gelê.

Volgens Thakeng is die beseerde verdagtes onder polisiebewaking na ʼn hospitaal in Welkom geneem waar die 35-jarige verdagte later aan sy beserings beswyk het.

Die ander twee verdagtes sal na verwagting Vrydag in die Wesselsbron-landdroshof verskyn op aanklagte van gewapende roof asook die besit van ʼn onwettige vuurwapen en ammunisie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

2 Kommentare

jongste oudste gewildste
Jan

Mooi so, is net jammer SAPD kon nie beter skiet nie

Koos B

Dit is regtig jammer ons moet al weer vir nog twee sorg dit kon anders gewees het as die Polisie net beter gemik het.