Een dood, nege beseer in gru-ongeluk

Foto: Rescue Care

Paramedici en nooddienswerkers is Donderdagoggend na ʼn grusame ongelukstoneel ontbied nadat ʼn vragmotor by die N2-M7-wisselaar in Durban teen drie voertuie gebots het voordat dit bo-op twee ander voertuie omgeslaan het.

Garrith Jamieson, bedryfsdirekteur van Rescue Care-ambulansdienste, het die toneel as “ʼn absolute slagting” beskryf.

Volgens Jamieson het die vragmotorbestuurder vermoedelik by ʼn afrit beheer verloor waarna die vragmotor teen drie voertuie gebots het. Daarna het die vragmotor omgeslaan en twee voertuie verpletter.

“Die voertuie was oor ʼn lang afstand versprei. Rescue Care-paramedici het onmiddellik nog noodeenhede na die toneel ontbied,” het Jamieson gesê.

Hy het gesê die bestuurder van een van die motors het veelvuldige beserings opgedoen en is op die toneel dood verklaar. Die twee passasiers agterin dieselfde wrak was vasgekeer en is eers deur paramedici gestabiliseer voordat die plaaslike brandweer meganiese toerusting gebruik het om hulle uit die wrak te bevry. Hulle is na ʼn nabygeleë hospitaal gehaas.

In ʼn ander motor moes drie insittendes ook met meganiese toerusting uit die wrak bevry word. Altesaam nege mense het beserings opgedoen en is op die toneel behandel voordat hulle na verskillende hospitale geneem is.

Die oorsaak van die ongeluk word ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.

24 Kommentare

jongste oudste gewildste
Bella

ek het al gesien hoe onverskillig ry hierdie groot trokke

Simon

Ek wag vir al die mense wat die trok direk gaan blameer….

Cherokee

Volgens die fotos is dit nie die vragmotor wat op twee ander voertuie beland het nie, maar ‘n vraghouer wat van die vragmotor afgeval het en die karre so te sê plat geval het.

Ben

My ondervinding is dat in Natal die Vrag motor bestuurders uit beheer is. Hulle bestuur soos mal goed: 1) Hou nie volg afstande nie 2) Oortree die spoed grens 3) Ry meer as 2 agter mekaar – vorm lang treine wat onmoontlik is om verby te gaan – Ly tot tydsverlies en frutrasie. 4) Blokkeer die snelwee ens deur verbyte gaan op opdrantes, sperstrepe ens. 5) Vrag oorlaai wat lei tot uiters gevaarlike stadige verkeer op snelwee. Die ander faktore is die padwaardigheid van die vragmotors. Let op na die bande. Behalwe die gladde bande en bande wat nie die… Lees meer »

Oosie

Hoe verloor mens beheer? Doodeenvoudig; spoed, swak oordeelsvermoë, verkeerde ratverhoudings en of voertuiginstandhouding.