Een dood, nege beseer in gru-ongeluk

Foto: Rescue Care

Paramedici en nooddienswerkers is Donderdagoggend na ʼn grusame ongelukstoneel ontbied nadat ʼn vragmotor by die N2-M7-wisselaar in Durban teen drie voertuie gebots het voordat dit bo-op twee ander voertuie omgeslaan het.

Garrith Jamieson, bedryfsdirekteur van Rescue Care-ambulansdienste, het die toneel as “ʼn absolute slagting” beskryf.

Volgens Jamieson het die vragmotorbestuurder vermoedelik by ʼn afrit beheer verloor waarna die vragmotor teen drie voertuie gebots het. Daarna het die vragmotor omgeslaan en twee voertuie verpletter.

“Die voertuie was oor ʼn lang afstand versprei. Rescue Care-paramedici het onmiddellik nog noodeenhede na die toneel ontbied,” het Jamieson gesê.

Hy het gesê die bestuurder van een van die motors het veelvuldige beserings opgedoen en is op die toneel dood verklaar. Die twee passasiers agterin dieselfde wrak was vasgekeer en is eers deur paramedici gestabiliseer voordat die plaaslike brandweer meganiese toerusting gebruik het om hulle uit die wrak te bevry. Hulle is na ʼn nabygeleë hospitaal gehaas.

In ʼn ander motor moes drie insittendes ook met meganiese toerusting uit die wrak bevry word. Altesaam nege mense het beserings opgedoen en is op die toneel behandel voordat hulle na verskillende hospitale geneem is.

Die oorsaak van die ongeluk word ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

24 Kommentare

Simon ·

Ek wag vir al die mense wat die trok direk gaan blameer….

Ek het bewyse teen vragmotorbestuurders ·

Simon, ek het baie videomateriaal wat BAIE duidelik wys hoe onverskillig vragmotors van bekende handelsmerke bestuur.

Carel ·

Ja…..hoe reken jy…… Al die ander voertuie was op dieselfde oomblik verkeerd?

Gerhard ·

Jy is reg Simon…dit is nie die trok se skuld nie maar die drywer van die trok…

Cherokee ·

Volgens die fotos is dit nie die vragmotor wat op twee ander voertuie beland het nie, maar ‘n vraghouer wat van die vragmotor afgeval het en die karre so te sê plat geval het.

Ben ·

My ondervinding is dat in Natal die Vrag motor bestuurders uit beheer is. Hulle bestuur soos mal goed:
1) Hou nie volg afstande nie 2) Oortree die spoed grens 3) Ry meer as 2 agter mekaar – vorm lang treine wat onmoontlik is om verby te gaan – Ly tot tydsverlies en frutrasie. 4) Blokkeer die snelwee ens deur verbyte gaan op opdrantes, sperstrepe ens. 5) Vrag oorlaai wat lei tot uiters gevaarlike stadige verkeer op snelwee.
Die ander faktore is die padwaardigheid van die vragmotors. Let op na die bande. Behalwe die gladde bande en bande wat nie die regte lugdruk bevat sal mense nog gemengde tipe bandes sien wat ook tot onstabiliteit wend.
Sover ek weet word die vraghouers ook nie vasgemaak op die trokke nie. Blykbaar sou die vraghouer vas gemaak word dan is daar meer skade aan die vragmotor – Kort wetgewig en goot boetes hier.
Dom motoriste wat voor die vrag motors insny en rem en dan verwag dat die swaar oorgelaaide vragmotor ook in ‘n kort afstand soos sy motor kan stop. Ek voel vrag motors moet net toegelaat word om tot by ‘n “Depo” voor die stad te ry. 1ste prys – stuur met die spoorwee maar ja hulle moet eers reg geruk word?

Speedguard ·

Die probleem is, daar is geen wetstoepassing nie, en as daar is ,is omkoop deel van dit, daar is voor4siening gemaak vir juis die “konvooi” ryery maar word daar nie opgetree nie, almal beman spoed apparate, en doen voorstaandiens vir gladde bande ensomeer , statestiek bewys dat beweegende oortredings 87% oorsaak van die botsing is. Ja ons kry so nie en dan voertuie sonder behoorlike remme ens maar daar staan tussen 10 en 30 mense by die voorstaan diens met hul hande in die sakke, op my dae moes ons ook maandeliks verlag doen aan hoof kantoor(TPA) wat die maand se inkomste was, die till moet rol my maat, hy moet rol !!

janneman ·

Mag ek voorstel dat jy eers feite bekom voor jy die bewerings maak?net 2 voorbeelde van die onakkuraatheid van jou stellings: Vraghouers word vasgemaak met baie spesifieke hegtingsmeganismes wat permanent op die sleepwaens aangebring is, en versuim om dit gebruik is strafbaar. Oorlading word streng gepolisieer in SA, en veral in KZN wat die strengste daarmee is, so oorlading gebeur bitter min deesdae in KZN. Ek kan aan jou name van vervoermaatskappye verskaf wat vir 5 jaar uit KZN verban is agv oorlading.

Maro ·

Ben, ek stem saam met met jou. Ons rit tussen Pietermaritzburg en Durban is nes jy hierbo skryf. My medelye met d familie en vriende.

Oosie ·

Hoe verloor mens beheer? Doodeenvoudig; spoed, swak oordeelsvermoë, verkeerde ratverhoudings en of voertuiginstandhouding.

Andrea ·

Ek stem saam. Ek moet Kaaptoe ry binnekort en ek stres noual oor al daai trokke. Lorry-dodge speel van hier tot in die Kaap.

Percy ·

Ek werk landwyd, en sien daagliks hoe vragmotor bestuurders hulle self bo die padreels verhef het. Erger as die taxis.

Die 100km/h plakker agter op die trok beteken niks. Hulle kom lag lag by jou verby wat 120km/h ry.

CHRISTA ·

Percy, soos die taxibestuurders, dink die vragmotorbestuurders daardie plakker agterop hulle voertuig dui hulle “minimum” spoed aan!!!

DS ·

Ja ek weet baie trokke drywers is verkeerd maar baie motoriste is ook verkeerd. Motoriste dink dat ‘n veagmotor met ‘n vrag kan doodstop op kort afstand. Soveel keer al gesien hoe ‘n motor jaag om voor ‘n trok in te druk en dan morsdood stop. Ja en ook al gesien wat gebeur dan met daai motor en sy bestuurder. Respek vir mekaar hetsy motor, motorfiets of trok bestuurder is nodig asook geduld.

Johann ·

Stem 100% saam met jou. Baie mense kan mos nie bekostig om ‘n paar sekondes later by ‘n plek aan te kom nie. Dit gebeur baie dat motors voor groot vragmotors inswaai naby ‘n stopstraat of verkeerslig. Vragmotor bestuurders word ook ‘n skamele fooi betaal vir lang ure op die pad en baie keer is dit die eienaars wat hulle trokke laat bestuur wat nie padvaardig is nie. As jou salaris daarvan afhang vat jy maar die risiko en ry met daai trok.

gaaivol ·

n vrag motor van n groot ketting winkel het my van die pad af gedruk dood eenvoudig oor hy laat was vir n aflewering…ek het daai nommer gebel waar mens n drywer rapporteur en gevra vir terug voer wag nog steeds.ja motor bestuurders moet ook respek toon maar as n vragmotor bestuurder net 2 min langer in n ry wil staan of by die spoed grens bly dan sal 70% van die trok ongelukke nie plaas vind nie….die trokke hoort op paaie net tussen sekere tye van die dag so sal mens ook kan bekamp op nalatige trok bestuurders en of oorwerkte trok bestuurders.

thelsa ·

Die mense wat op die ‘trein bandwagon’ klim as die beste oplossing moet net vir ‘n oomblik bietjie dink. As jy die vrag nou tot die naaste stasie vervoer het (teen ‘n koste) moet jy nog steeds die produk hanteer en oorlaai van die trein na ‘n vragmototr (teen ‘n ksote) die vrag by die handelaar kry met ‘n vragmotor (teen ‘n koste). Teen hierdie tyd is die Mammas al dik die donkies in want die Woollies brood is nog nie afgelewer vanaf die stasie nie en nou kan boetie en sussie nie vars toebroodjies eet nie. Mamma sal ook nie vanannd vir Pappa sy kitskossies wat vanaf Woolies se yskaste kom kan voorsit nie want daar was ‘n kragonderbrekeing deur Eskom wat gemaak het dat die treine laat is.
Die oplossing lê in effektiewe wetstoepassing en nie die selektiewe aksies om sekere vervoermaatskappye te ‘target’ vir ‘n bietjie sakgeld nie. Alle verkeersdepartemente moet hulle mandaat begin uitvoer en seker te maak ons paaie is vveilig.

Ai ·

Thelsa, jou neerbuigende manier van praat van die Mammas en boetie en sussie wat nie vars toebroodjies kry nie en Pappas wat nie sy kitskossies kry … alles van Woollies af, is ongevraagd. Mense werk vir hard vir ‘n maandelikse inkomste en dit is gewoonlik net die heel boonste inkomste groep wat sulke duur kos kan bekostig. Die meeste vragte is voorheen deur die Spoorweë vervoer, voordat dit ten gronde gegaan het. So dit is haalbaar.

LMF ·

My sipatie met beseerdes en oorledene. Het gister van n baie bevoorregte vakansie van hiberdene af tery Pta toe gekom wat n nagmerrie met die trokke op die pad van hul het spoed gery wat ons nie kon haal nie mekaar by draaie op afdraandes verbygegaan elke ongeluk op die pad (4) was n trok betrokke. Dag na Durban verloor trok wat sakke hoender vervoer beheer by afdraande. Karre stop oral op hiway en de hel met trok drywer en hul laai sakke en sakke hoender. Kon nie my oë glo nie gelukkig was ek aan anderkant van hiway en dank die Vader ons is veilig by ons huis Amen

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.