Een dood, nog 3 gewond ná rusie

Foto: Netcare 911

ʼn Rusie vanoggend in die vroeë oggendure buite ʼn nagklub in Umhlanga, KwaZulu-Natal, het daartoe gelei dat een man dood en nog drie mense geskiet is.

Kol. Thembeka Mbele, woordvoerder van die polisie, sê vier mans het omstreeks 03:00 in ʼn rusie betrokke geraak buite ʼn nagklub op Palm Boulevard en ʼn skietgeveg het ontstaan. “Al vier mans het skietwonde opgedoen en is na ʼn hospitaal gehaas,” sê Mbele.

Shawn Herbst, woordvoerder van Netcare 911, het bevestig hul paramedici is net ná 03:00 na die toneel ontbied.

Volgens Mbele het ʼn 30-jarige man by die hospitaal aan sy skietwonde beswyk.

“Daar is op die toneel op drie pistole beslag gelê. ʼn Saak van moord en drie sake van poging tot moord word ondersoek.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

16 Kommentare

pieter ·

Hoekom voel ek niks nie, wat doen enige iemand in n nag of dag kuierplek. Moenie vir my eers probeer se wat fout is daarmee nie, eenvoudig dit is verkeerd en jy soek een of andertyd jou dood. Kuier by jou huis of naby vriende. Losbandigheid en dronkenskap is vollop. Behalwe as jy jou vrou of kinders slaan dan hoort jy in n nag “club”

Maria ·

pieter! Hou baie van jou kommentaar en klap hande vir jou! Mooi Man!

Katerina ·

Jy is so reg. Weet jy een aand in my 20’s se iets vir my om n sekere vriendin in die hande te probeer kry, maar ek kon nie. Die volgende oggend vind ek uit sy is die vorige nag dood in n gruwel ongeluk nadat sy en 2 jong mans die nagklub verlaat het. Laat my nou nog sidder. Se nou ek het haar in die hande gekry en sy het my saam genooi. Ek was as jongmens baie in n sekere nagklub, almal daar het mekaar geken. Dit was maar n bymekaarkom plek vir jongmense van dieselfde area wat mekaar geken het, en nie n aaklige gemorsplek nie. Was n paar maal, nie baie maal nie, by nagklubs in Kaapstad, in die middestad. Hells Bells nee..ek is n klein bietjie heldersiende (clairvoyant) en het op 2 van daardie besoeke demone in daardie klubs gesien.

So die klubs in die stad het my bitter weinig gesien. Ek is bly my oudste dogter is getroud met kinders en bly tuis saans, en my jongste en haar kerel kuier tuis met vriende meeste vd tyd. Mense is nog meer kort van draad as toe ek jonk was en die paaie en die land Baie meer gevaarlik.

Gert J ·

God se word nie dronk van wyn nie want daarin is losbandigheid. Indien jy se jy is n christen, hoort jy nie op sulke duiwelse plekke nie.

Maria ·

pieter! hou baie van jou kommentaar klap hande vir jou! Mooi Man!

Cherokee ·

Pieter, dit beteken nie jy het nou twee ondersteuners nie hoor – steeds net Maria wat haarself herhaal. Maar, een ondersteuner is beter as geen ondersteuner.

pieter ·

stem saam pieter dis waar wat van bestuur onder invloed bakleiery wat n mens ni eens weetnie ek kom ni naby sulke plekke nie hul groei soos padda stoele

Dark One ·

Moet seker sleg wees om geen ondersteuners te hê nie , “Cherokee”. Nie eers geweet dit is waaroor kommentaar gaan nie.

PJC ·

As ń mens met ń vuurwapen na ń plek gaan is dit mos klaar ń aanduiding van moeilikheid wat aan die kom is.

Spyker ·

Cherokee..ek verstaan jou….jammerte vir die dwase tussen ons.Lekker dag verder.

Rikku ·

Katerina
dankie vie jou kommentaar. Ek stem 100 % saam met jou.

Rve ·

So as hy na ‘n nagklub gaan verdien jy om dood gemaak te word? Kan mens rerig so vertraag wees om so te dink?

Gert J ·

Nagklub besoekers het ‘n tekort aan “iets”. Te veel vrye tyd miskien. Volwassenheid dalk! Gehoorprobleme? Nee wat, nie vir my nie. Te veel verkeerde elemente word hier saam gevind. Drank, wapens, seksuele en ander sake soos ontvlugting ensovoorts.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.