Een dood, nog een kritiek ná transitorooftog

Die misdaadtoneel. Foto: Twitter via @Abramjee

ʼn Lid van die publiek is dood en ʼn tweede persoon is in ʼn kritieke toestand nadat transitorowers Vrydagaand op ʼn transitovoertuig naby Kempton Park aan die Oos-Rand toegeslaan het.

Kapt. Ndivhuwo Mulamu, woordvoerder van die Valke, het gesê die rooftog het op M57 gebeur.

“Die transitovoertuig was in die rigting van Kempton Park op pad toe aanvallers vanuit ʼn wit Toyota Hilux op die geldwa losgebrand het. Die aanvallers het die transitovoertuig tot stilstand gedwing en die bestuurder en sy bemanning gedwing om uit die voertuig te klim. Hulle het daarna die transitovoertuig oopgeblaas,” het Mulamu gesê.

Die aanvallers het met ʼn onbevestigde bedrag geld gevlug.

“Dit het toe aan die lig gekom dat daar tydens die skietery op die geldwa twee lede van die publiek gewond is. Hulle is na ʼn hospitaal gehaas, maar een van hulle is by die aankoms by die hospitaal dood. Die ander persoon is in ʼn kritieke toestand.”

Mulamu het gesê dit is nie tans duidelik of die mense wat geskiet is voetgangers of motoriste was nie. Die veiligheidswagte is ongedeerd.

Niemand is nog in verband met die voorval in hegtenis geneem nie en daar word ook tans ondersoek hoeveel aanvallers by die rooftog betrokke was. Volgens Mulamu werk die Valke ten nouste saam met die misdaadintelligensie-eenheid om die aanvallers vas te trek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

14 Kommentare

Davie ·

Hoekom word geld nie in ongemerkte voertuie vervoer nie?? Dis baie meer maklik en ongesiens . Ek sal n gewone privaat motor gebruik gebruik en die kattebak vol geld laai en dan dit begelei met ook ongemerkte voertuie wat bystand doen

piper ·

wat maak al die wagte in daardie voertuie met hulle wapens. dit lyk vir na n samewerking tussen die klomp.

Koos de Meyer. ·

Dis mos ‘n maklike manier om geld te maak. As die klomp kop en een mis is, is dit mos maklik. Hoekom stel hulle nie ‘n trap met gewapende opgeleide mense binne in die voertuig waar die geld veronderstel is om te wees nie en skiet die rook uit die rowers uit as hulle die deure oopmaak. Vir my lyk dit elke keer soos binne inligting.

Han ·

Hoe weet die transitorowers dat die transitovoertuig op ‘n gegewe tyd op ‘n spesifieke roete sal wees? 2+2 maak 4: daar is net één antwoord: binne-inligting. Tyd dat die gereg hulle agterstewes in rat kry en hierdie rowers vastrek, of ruik ek ‘n rot?

D P J ·

As ‘n preoiseerde misdaad se syfers so lyk dat kan ek Plaasaanvalle wat nie “gepreoiseer” is nie met hoë syfers het.

Penellope Jones ·

Kom voor soos een voorval per dag – en die regering is maar stillerig.

Chris ·

Transito rooftogte is al net so gewild soos koek en tee eet. Dit gebeur elke dag.

En Kimberley dink sy gat is groot, SA se gat is groter, dieper en verkrag met euwel. Geen sprankelende diamante oor nie, net oorskiet.

Reguit ·

‘n Skitterende daaglikse voorbeeld van Afrika “sukses” en “vooruitgang”……………

Michael ·

nou word die publiek ook al dood geskiet en die polisie is so treurig dat hulle nie eers weet of die mense in motors of voetgangers was nie. As die rowers dan so geweldadig is hoekom kry die wagte dan nooit seer nie.ek vra maar net.

Cherokee ·

Waarom beskou julle dit as ‘n òulike slotsin om te ‘vra maar net’?

Buffel ·

En volgende daai nar Beke Cele, “Sal Suid Afrikaners binnekort veilig voel” maar die tipe van geweldadige misdaad raak net meer vanaf hy aan bewind is as minister van polisie……dis weer daai syfer van <70……..

Johanné ·

Ek wonder of die volle bedrag geld in die transito-voertuig vervoer word, en of die grootste gedeelte wat veronderstel was om vervoer te word, nie tussen die winkel en voertuig van hande verwissel het nie en dat die opblasery net ‘n alibi is sodat die volle som van die assuransie geëis kan word; en intussen was net 10% note in die voertuig en die ander 90% lankal tussen 10 ander verdeel. Dis dalk hoekom net R14m teruggekry is oor ‘n tydperk van 20 jaar, aldus die boek wat geskryf is oor transito rooftogte. Ek dink die assuransie maatskappye moet hierop begin fokus en die kameras begin nagaan van waar die geld opgetel is tot waar dit in die voertuig ingesit is, en dan sommer die roete ongesiens volg ook om te monitor waar daar stilgehou word.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.