ʼn 28-jarige man is Dinsdag dood en ses persone beseer toe ʼn struktuur naby die Luthuli-museum in Groutville in KwaZulu-Natal ineengestort het.
Shawn Herbst, woordvoerder van Netcare 911, het gesê paramedici is omstreeks 12:00 na die toneel ontbied. “Sewe konstruksiewerkers was onder die puin begrawe toe ʼn muur op hulle omgeval het,” het hy verduidelik. “Die brandweer en reddingsdiens het ook reageer en gehelp om die pasiënte te bevry.”
Die 28-jarige man was in ʼn kritieke toestand en het op die toneel aan sy beserings beswyk.
Die omstandighede rondom die voorval word ondersoek.