Een dood, talle beseer na voertuig rol; N1 gesluit

Foto: Emer-G-Med-nooddienste

Foto: Emer-G-Med-nooddienste

Minstens een persoon is dood en talle beseer toe ʼn minibus-taxi op die N1-Suid in Midrand, noord van Johannesburg, gerol het.

Max Cohen, woordvoerder van Emer-G-Med-nooddienste wat tans op die toneel is, het gesê paramedici het omstreeks 10:15 by die toneel opgedaag. Die bestuurder van die taxi het glo beheer oor die voertuig verloor nadat ʼn band gebars het.

“Talle passasiers is beseer en een persoon is op die toneel dood verklaar. Paramedici is tans besig om beseerdes op die toneel te stabiliseer. Sommige is in ʼn kritieke toestand,” het Cohen gesê.

Hy het gesê een van die kritiek beseerde pasiënte is reeds per helikopter na ʼn hospitaal vervoer. ʼn Tweede pasiënt sou ook deur ʼn Netcare 911-helikopter ook na ʼn hospitaal geneem word.

Cohen het teen 11:00 bevestig dat die N1-Suid tussen Allandaleweg en die Buccleuch-wisselaar gesluit is. Swaar verkeervertragings kan in die gebied verwag word en motoriste word aangeraai om alternatiewe roetes te gebruik.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

19 Kommentare

Ano ·

Pastoors LEES tog asb die berig!!! Die voertuig (of dit nou n taxi was of nie) se band het gebars!

Varkie ·

Ano, kalmeer… Ek seker Pastoors het gelees en n band kan bars agv spoed en ongeduld, jy weet net so goed soos ek hoe ry hulle tussen Allandaleweg en die wisselaar.

Johann ·

Weereens, nog steeds ‘n Taxi. Wat terloops nie n SENT bydra tot die ANC se strategie van BELASTING invordering tot bevoordeling van wel…die lys is waarakynlik in Zumpi se boekie onder ZUMAIKIES. Ry en verniel en vertraag ons paaie elke dag, maar betaal nie n sent om.dit te onderhou nie.

Gertman ·

‘n Band bars nie net per toeval, almal weet hoe jaag die wetters en oorlaai gewoonlik ‘n onpadwaardige taxi!

DVL ·

Die band het nie gebars nie maar uitgeval dit het een van ons mense wat op die pad was se kar getref toe dit uitval. Duidelik onpadwaarding ‘n wiel val nie sommer uit nie!

willehond ·

Soos kommentaar onlangs. Taxi en trok, taxi en bakkie, taxi en kar, taxi en stilstaande voertuig, taxi ry oor rooilig, taxi verloor beheer, taxi se band bars, ens,ens. Eindeloos!!! Is die mensdom simpel? Die taxis maak nes hulle wil, GEEN WET VIR HULLE NIE! En die owerhede kyk.

Herkie ·

Ek weet nie wat maak die taxis nou ewe skielik op die highways nie, een van die dae is die highway een blerrie groot taxi rank.

linda ·

Herkie…Ja, ek stem volkome saam met jou.

Wil net noem dat Dr Brink se voertuig in Desember maand se wiel ook uitgeval het, en die voertuig het gerol. Twee van sy kinders is oorlede, en daardie was n redelike nuwe voertuig !!!!

KarenG ·

Soos wat ek verstaan het was Dr. Brink se kar ook vir ‘n diens gewees. Die probleem kon dalk ook daar ingesluip het….

Justice ·

Hierdie is weereens ‘n “Skorro skorro” Toyota Hi Ace taxi wat jare gelede deur die multi biljoen taxi herkapitaliserings vervang moes gewees het. Hierdie plus miljoen km struktueel onveilige taxis is nie net ‘n gevaar vir die passasiers nie maar ook vir die ander padgebruikers. Die agbare Min. van Vervoer moet ook nou aanspreeklikheid vir die swak bestuur binne haar departement begin aanvaar.

Christa ·

Ek het ook verstaan dat hierdie Hiace minibus taxis jarre gelede van die pad af geneem sou wees. Hier in Ekurhuleni is meer as 50% minibusse daardie ou Hiace modelle!!!

Sakkie ·

As ek reg onthou het Dr Brink se voertig eers ‘n slag gat getref, voor die wiel uitgeval/afgebreek het?

Carl ·

Daar is n probleem met taxi’s wat nie aangespreek word nie.
Dis die moer wat die stuurwiel vashou.

anton ·

Toe ek en my wederhelf vandag vir 40 min. op die snelweg gestaan het agv. hierdie ongeluk het ek haar n weddenskap aangegaan dat as ons by die toneel kom, gaan dit n taxi wees wat betrokke is.
Gelukkig het sy beter geweet om my nie op so n weddenskap aan te vat nie. :-)

Annie ·

Vraag is wat was die toestand van die band en voertuig? Jammer vir die passasiers

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.