Een dood, talle beseer toe bakkie met sokkerspan rol

Sokkerstewels het vanmiddag op die ongelukstoneel gelê. (Foto: Verskaf)

Minstens een persoon is dood en 13 ander beseer, van wie twee kritiek, nadat die bestuurder van ’n bakkie, wat vermoedelik ’n sokkerspan vervoer het, Saterdagmiddag beheer oor dié voertuig verloor het.

Die bakkie het verskeie kere op die M4-suid, tussen die Edwin Swales‑ en Victoria Embankment-afrit, gerol en al die insittendes is uit die bakkie geslinger.

ALS Paramedics sê paramedici is net voor 15:30 na die gru-toneel ontbied waar hulle met hul aankoms op ’n bloedbad afgekom het en dadelik nog ambulansdienste ontbied het.

’n Man, vermoedelik in sy 30’s, is op die toneel dood verklaar. Altesame 13 ander beseerdes is vanmiddag op die toneel gestabiliseer voordat hulle na verskeie hospitale in Durban vervoer is vir verdere mediese behandeling.

Die omstandighede van die voorval is nie in die stadium bekend nie. Die owerhede was vanmiddag op die toneel om ondersoek in te stel.

Die wrak van die bakkie wat gerol het. (Foto: Verskaf)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

domheks ·

As dit nou ‘n boer met sy werkers was sou jy NOOIT die einde gehoor het nie! Maar ‘n sokkerspan agterop ‘n bakkie is maar reg?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.