Een dood, tien beseer in Witbank-botsing

Argieffoto: ER24

Een man is dood en tien ander beseer toe ʼn taxi en ʼn afleweringsvoertuig Donderdagaand op Clever Landauweg in Witbank in Mpumalanga gebots het.

Russel Meiring, ER24-woordvoerder, het gesê albei voertuie het langs die pad gestaan terwyl sommige van die passasiers, wat nie ernstig beseer was nie, op die toneel rondgeloop het.

Die liggaam van die taxibestuurder was steeds in die voertuig vasgekeer, maar hy het reeds aan veelvuldige beserings beswyk.

Vyf ander passasiers, onder wie ʼn 13-jarige seun, is in ʼn kritieke toestand na die hospitaal gehaas.

Gespesialiseerde toerusting moes gebruik geword het om sommige van die slagoffers uit die wrakke te bevry.

Die presiese oorsaak van die ongeluk is nog nie bekend nie. ʼn Polisieondersoek duur voort.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Robert ·

As daar net een mens, amper dood is, in ‘n myn ongeluk, word die myn gesluit. Dan word ondersoeke gehou en maatreëls in plek gestel om ongelukke te vermy. Hoekom kan ongelensieerde (met gekoopte lisensies onder andere) bestuurders aanhou op openbare paaie bestuur? Ek glo die owerhede is bewus hiervan. Slaap die minister?

A ·

Ja Robert, hy slaap rustig. Dit het mos niks met hom te doen nie. Solank hy veilig kan ry met al die blou ligte is alles reg.

Johann ·

Taxies: doodskiste met wiele ( as jy gelukkig is). Dra nie n sent by om die paaie wat hulle misbruuk te onderhou nie, hoogs waarskeinlik ook nie n sent belasting nie? Vermoor en verwoes lewens…en operate vanuit n onaantasbare plek van manupilasie! Maar nou gaan daar seker weer geween en gehuil word by die begrafnisse wat die belasting held voor gaan instaan en ANC hand poppe gaan toesprake maak wat die land in anargie dompel.

Willie ·

Mens het baie empatie met die bom in Manchester, wens net dat plaas moored, ook sulke wereldwye lugtyd kan kry… Taxi’s is ook n beskermede spesie in RSA

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.