Een dood toe gevangenes korrektiewe beamptes pak

Argieffoto

’n Gevangene is dood ná ’n skermutseling tussen gevangenes en beamptes by ’n korrektiewe sentrum in KwaZulu-Natal.

Een korrektiewe beampte is weens die voorval by die Pietermaritzburg Medium A-sentrum in ’n kritieke toestand gelaat.

Sechaba Mphahlele, woordvoerder van die provinsiale departement van korrektiewe dienste, sê gevangenes, wat as maksimum risiko geklassifiseer is, het Vrydagmiddag die korrektiewe beamptes by die sentrum aangeval.

Een van die beamptes het tydens die aanval agt steekwonde aan sy kop en twee aan sy arm opgedoen. Die beampte is ná die voorval in ’n kritieke toestand na ’n hospitaal geneem waar hy tans behandeling ontvang.

Nog ’n korrektiewe beampte is met ’n geswelde oog gelaat nadat hy herhaaldelik met die vuis geslaan is.

“Een gevangene is tydens die harwar om die aanval stop te sit, dood en die omstandighede wat tot sy dood gelei het, word tans ondersoek,” sê Mphahlele.

’n Saak is by die polisie aanhangig gemaak en die voorval is ook by die regterlike inspektoraat vir korrektiewe dienste aangemeld.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Kokerboom ·

Toon asb een gebied waar ANC regering nie in chaos dompel? Hoe dom wil kiesers bly om aan te hou stem vir die mense .?

Frank John ·

Hulle soek chaos en daarom stem hulle vir hulle want hul weet dis wat hulle goed is in

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.