Een dood toe huis se dak meegee

Die toneel waar die gedeelte van ‘n dak by ‘n huis in Boskruin meegegee het. (Foto: ER24)

’n Konstruksiewerker is dood nadat ’n gedeelte van die dak van ’n huis in die omgewing van Randburg in Johannesburg meegegee het.

Russel Meiring, woordvoerder van ER24, sê paramedici is Woensdag na die huis in Boskruin ontbied. Twee mans was met paramedici se aankoms omstreeks 13:29 op die toneel besig om die konstruksiewerker van onder die beton te bevry.

Die nooddiensbeamptes het die man ondersoek en bevind dat hy reeds aan sy beserings beswyk het. Hy is op die toneel dood verklaar.

Die ander twee mans het ligte tot matige beserings opgedoen toe die dak meegegee het. Albei is op die toneel behandel voordat hulle na ’n nabygeleë hospitaal vervoer is vir verdere mediese behandeling.

Die plaaslike owerhede was gistermiddag op die toneel om ondersoek in te stel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.