Een dood toe motor kinders tref

(Argieffoto: ER24)

Een kind is dood en drie is beseer nadat ʼn motor Donderdag in ʼn groep kinders ingeploeg het.

Volgens Russel Meiring, woordvoerder van ER24, het die bestuurder in Agneslaan in Randburg gery toe hy beheer oor die motor verloor het. Die voertuig het gerol en die groep kinders langs die pad getref.

Paramedici is omstreeks 12:40 na die toneel ontbied waar die motor regop langs die pad gestaan het. Vier kinders het ʼn ent weg van die motor af gelê.

Die kinders, tussen ses en 14 jaar oud, was in ʼn kritieke toestand en het verskeie beserings opgedoen.

Paramedici het die pasiënte behandel, maar een kind het ongelukkig aan sy beserings beswyk en is op die toneel dood verklaar.

Die ander drie kinders is na ʼn nabye hospitaal geneem vir verdere behandeling.

Plaaslike owerhede was op die toneel en ondersoek die saak verder.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Miskruier ·

Baie kinders langs die R101nasionale roete ook, maar ja, die mense plak weerskante van die pad.

Renier ·

Hóé “verloor” mens beheer oor ‘n voertuig? Deur roekeloos of nalatig te bestuur. Ek huil saam met daardie ouers wie se kind dood is.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.