Een dood toe struktuur in Pta ineenstort

Die struktuur wat inmekaargestort het (Foto: Verskaf)

Een persoon is dood en drie ander ernstig beseer toe bouwerk langs die Jakaranda-sentrum in Rietfontein, Pretoria, inmekaargestort het. Konstruksiewerkers was glo Donderdagoggend net voor 12:00 besig met opknappingswerk aan die struktuur toe dit skielik meegegee het.

Xander Loubser, woordvoerder van Best Care-ambulansdienste, sê paramedici, die brandweer en polisie is tans op die toneel.

Een persoon is dood toe die struktuur inmekaarstort (Foto: Verskaf)

“Ons is nog nie seker wat presies gebeur het nie, maar klink my hulle het ʼn sementvloer gegooi toe die struktuur skielik inmekaar geval het,” sê Loubser.

Hy sê sowat vier konstruksiewerkers was onder die puin begrawe toe die struktuur op hulle geval het. “Een van die konstruksiewerkers is dood. Die ander drie is ernstig beseer en paramedici is tans besig om hulle te behandel,” sê Loubser.

Loubser sê hulle is besig om vas te stel of daar nie nog persone beseer is nie.

Maroela Media sal nuus oor die voorval bekend maak soos dit beskikbaar word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

koos10 ·

Werk gaan al vir seker 5 jaar hier aan. Paaie is toe gemaak terwyl hulle bou. Hierdie was ‘n tikkende tydbom.
As jy my vra sou is my eerste reaksie dat geld indirek hiervoor verantwoordelik is.
Kan julle nog Northpark in Pta Noord onthou?

Ben ·

Kan sommer met die oog sien daars fout. Paar ouens gaan moet “please explain”

Misky ·

Die uitwerking van BBEEE en die 30% slaag vereistes se vrugte

Adeline ·

Baie swak bouwerk – miljarde rande vir konkel werk – maar so word die skelms uitgevang – volg net die geld spoor- dit eindig by die munisipaliteit wat weer geld ontvang het en familie en vriende loop met die meerderheid daarvan weg. Ordentlike bouwerk stort nie inmekaar nie. Net kits miljoenêrs kry daardeur wins – bou bedryf is ook een van die grootste korrupte deel van ons samelewing – vra my ek weet verseker.

Gemaskerde Sopbeen ·

Die sentrum behoort aan die Public Investment Corporation (PIC). ‘n aantal jare gelede uitgesit vir die opgradering van die sentrum. Dis sowat veertig jaar oud en het ‘n paar opgraderings ondergaan. As ek reg onthou was die voorwaardes van die tender ietwat vreemd en van so ‘n aard dat die tenderaars op eie risikop eers ‘n lewensvatbaarheid studie en konsep ontwerpe moes doen en dit dan aan die PIC moes voorlê vir oorweging. Die tenderaar aan wie die tender vir die opgradering dan toegeken is, sou dan vir sy kostes vergoed word en kopn dan voorgaan om die ontwerpe in detail te doen en te implementeer.
Wat daarna gebeur het en wie die ontwikelaar is weet ek nie. Ons moet maar die media dophou om te sien wat gebeur.

Wielspore ·

Dit is jammer dat werkers met hulle lewens moet betaal as gevolg van foute wat insleep gedurende konstruksie. Indien behoorlike beplanning en die regte standaarde gehandhaaf word sal daar nie so iets wees. Slegte nuus vir die ontwikkelaar is dat daar wette is teen sulke werk en standaarde, dit gaan kom teen ‘n prys.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.