Narda Vermaak

Foto ter illustrasie. Argieffoto: avcom.co.za
Die vlieënier van ʼn ligte vliegtuig is dood nadat die tuig net voor 12:00 Donderdag naby die Swadini-ontspanningsoord by Hoedspruit neergestort het.
Na wat verneem word, het die Cessna C182 in ʼn digbebosde gebied langs die oord neergestort. Volgens bronne in die lugvaartbedryf, wat nie genoem wil word nie, het personeel van die oord vergeefs probeer om toegang tot die wrak te kry. Die Swadini-ontspanningsoord is langs die Blyderivierspoort in Mpumalanga geleë.
Die hulp van die Suid–Afrikaanse Lugmag (SALM) is glo ingeroep om met behulp van ʼn Oryx-helikopter en mediese personeel toegang tot die wrak te probeer kry.
Volgens Deon Broekman van Rapid Response-brandweer in Lydenburg is hulle gevra om moontlik by te staan om die vliegtuig met meganiese reddingskake oop te sny indien nodig.
“Baie min inligting oor die voorval is nog bekend. Die SALM het nou van Hoedspruit vertrek om die voorval te ondersoek.”
Maroela Media het vertroulik verneem dat slegs die vlieënier aan boord van die vliegtuig was toe die voorval plaasgevind het. Dit is nog nie bekend waarvandaan die vliegtuig opgestyg het of waarheen dit op pad was nie.
Die naam van die oorledene is nog nie bekend nie.
Nie die oord óf die SALM kon onmiddellik vir kommentaar bereik word nie. Maroela Media sal verdere inligting publiseer soos dit bekend gemaak word.
O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.
10 Kommentare
Alhowel die foto slegs ter illustrasie is met eerste opslag sou mens kon dink dis die SALM vliegtuig wat in n ongeluk was. Daar vliegtuig is n SALM Cessna C208 wat heeltemal anders lyk as n C182..
Die lugroete vanaf Nelspruit verby Swadini en Hoedspruit rigting Noord is gewild onder vlieëniers om te leer vlieg en dit sluit solo vlugte in.
Sterkte aan die familie van die persoon wat gesterf het.
Goeiste!! Hoeveel lugrampe nog die jaar? Wat is fout?
Narda, miskien ‘n ander foto gebruik as SALM? En daai is ‘n Cessna Caravan, nie naastenby die regte vliegtuig nie. Baie misleidend.
Rus in vrede ou grote . Jy was een van die beste .