Een dood toe vragmotor by wal afrol

Foto: Verskaf.

Een mens is dood en ʼn ander beseer toe ʼn wipbakvragmotor by ʼn wal afgerol en op sy dak te lande gekom het.

Ineke van Huyssteen, woordvoerder van ER24, het gesê die voorval het omstreeks 15:30 net buite Simola in Knysna plaasgevind.

“Toe paramedici by die toneel opdaag en die vragmotor op sy dak gewaar, het hulle die bestuurder met noodlottige beserings aangetref. Hy is op die toneel dood verklaar,” het Van Huyssteen gesê.

Volgens haar is nog ʼn man met geringe beserings op die toneel aangetref. Die man is na die hospitaal vervoer vir verdere mediese behandeling.

Die presiese omstandighede rakende die voorval is nog nie in dié stadium bekend nie. Die polisie ondersoek die voorval.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Gemaskerde Sopbeen ·

Ek sien nie ‘n wipbakvragmotor nie…………ek sien ‘n los-bak rommelverwyderaarsvragmotor wat by ‘n stortingsterrein teen ‘n wal afgerol het??

pieta ·

Ek sien ‘n Los-Vas-Tip rommeloptelverwydersingsvragmotor wat by ‘n hoewalstortingsterrein teen ‘n kleinwal opgerol het? Wat sien jy?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.