Een dood, twee beseer in gru-botsing

Foto: Twitter via @_ArriveAlive.

Een persoon is Saterdagaand dood en twee ander beseer in ʼn gru-ongeluk op die N1.

Stanley Schimper, woordvoerder van Trauma Response Africa, het in ʼn verklaring op Arrive Alive se webwerf gesê die voorval het laat Saterdagaand op die N1 naby Raymond Mhlabaweg buite Bloemfontein plaasgevind toe ʼn motor met ʼn swaargoedere vragmotor gebots het.

“Toe paramedici by die toneel opdaag, het hulle die wrak van die motor op die pad aangetref en die vragmotor op sy sy ʼn ent weg van die motor,” het Schimper gesê.

As gevolg van die bestuurder van die motor se omvattende beserings moes paramedici gou speel om hom uit die wrak te bevry en met lewensondersteunende ingryping te begin.

“Hy is op die toneel gestabiliseer en in ʼn kritieke toestand na die Pelonomi-hospitaal in Bloemfontein gehaas waar hy later aan sy beserings beswyk het,” het Schimper gesê.

Die ander passasier van die motor sowel as die bestuurder van die vragmotor is “wonderbaarlik” volgens Schimper net gering beseer.

Daar word beweer dat die vragmotor die motor van agter getref en gedeeltelik daaroor gery het voor dit omgeslaan en ʼn ent verder tot stilstand gekom het.

Die presiese omstandighede rondom die voorval word deur die polisie ondersoek.

Foto: Twitter via @_ArriveAlive.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Leeutjie ·

Die bestuurder vd motor is oorlede en die bestuurder van die motor en passasier…moet dit nie vragmotor bestuurder wees nie?

Landi Slatter ·

Dagsê Leeutjie

Baie dankie vir jou kommentaar! Jy is inderdaad reg. Ons vra om verskoning vir die oorsig, die berig is reeds gewysig.

Groetnis
Landi nms Maroela Media

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.