Een dood, twee beseer in Jhb-ongeluk

Foto: Verskaf.

Een man is dood en twee ander beseer toe een motor die agterkant van ʼn ander motor getref het.

Russel Meiring, woordvoerder van ER24, het gesê die voorval het Donderdagaand op die N1-snelweg naby die Rivonia-afrit in Johannesburg plaasgevind.

“Albei motors het aan die linkerkant van die pad gestaan. Die liggaam van ʼn man, vermoedelik in sy 20’s, het agter een van die motors gelê,” het Meiring gesê.

Volgens hom is die man op die toneel dood verklaar.

Twee ander mense, ʼn man en ʼn vrou, het matige beserings opgedoen. Die beseerdes is na hospitale vervoer vir verdere mediese behandeling.

Die polisie ondersoek die voorval.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Buitestander ·

Dit is ‘n jammerte dat bestuurder so optreë dat hulle nie fees seisoen wil deurleef nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.