Een dood, twee beseer na motor voetganger tref

Foto: Rescue Care Paramedici

Foto: Rescue Care Paramedici

Een mens is dood en nog twee mense, waaronder ʼn driejarige kind, is ernstig beseer na ʼn voertuig ʼn voetganger vroeg Donderdagoggend getref het toe hy ʼn besige snelweg in Durban probeer oorsteek het.

Ceron Lennox, woordvoerder van Rescue Care Paramedici, het gesê die voorval het omstreeks 06:45 op die Hans Dettman-snelweg plaasgevind. Volgens paramedici het die motor glo verskeie kere gerol nadat dit ʼn voetganger getref het.

“Die motor het verskeie kere gerol en weer op sy wiele tot stilstand gekom. Die voetganger was na bewering besig om die snelweg oor te steek toe die voorval plaasgevind het,” het Lennox gesê.

Foto: Rescue Care Paramedici

Foto: Rescue Care Paramedici

Sy het gesê ʼn driejarige kind, wat in die voertuig was, is ʼn ent weg van die wrak van die motor gevind nadat die kleuter uit die voertuig geslinger is. Die bestuurder van die voertuig is op die toneel behandel voordat hy en die kind na ʼn hospitaal in Pinetown gehaas is.

Volgens Lennox het die voetganger reeds aan sy veelvuldige beserings beswyk en is hy op die toneel dood verklaar.

Lennox het ʼn beroep op motoriste gedoen om altyd kinders in motorstoeltjies vas te gespe en so onnodige beserings en sterftes te voorkom.

Die ongeluk sal deur die polisie ondersoek word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

Theresa ·

En leer asb die voetgangers (gebruik prentjies vir die wat nie kan lees nie) om NIE oor paaie te hardloop as daar ‘n kar aankom nie!!!

Jaques ·

Theresa, ek weet nie eens of prentjies sal help nie.
Ek sien amper daagliks hoe hulle langs, of binne paar meter, van ‘n voetbrug / gewone brug oor besige paaie en snelwee hardloop.

Paul ·

Nee. Jy is verkeerd Theresa. Voetgangers mag NOOIT oor ‘n snelweg hardloop , of selfs op ‘n snelweg stap nie.
Die enigste uitsonderings is indien die voetganger konstruksiewerk of ander werk op die snelweg uitvoer, of indien dit ‘n noodgeval is waar jou kar op die snelweg gaan staan – dan mag jy op die snelweg loop.

Moeggepraat ·

Miskien moet Lennox eerder ‘n beroep op die voetgangers doen….

Annemarie ·

Sover my kennis strek hoort voetgangers nie op ñ snelweg nie! Hoe kan daar van motoriste verwag word wat teen ñ gemiddelde snelheid van 120km/h ry om op die uitkyk te wees vir voetgangers? Hulle hoort eenvoudig nie daar nie! Punt!

Irene ·

Hulle gee nie om nie hardloop net weet nijs van skatting nie

Jan maak n plan ·

Aag wat dit sal nie hond haaraf maak nie. Aan die Stilfontein kant voor Potchefstroom het hulle glads die hoofweg se snelheid verlaag na 80km/h toe om almal n kans te gee om mense op en af langs die pad te kan laai. Alhoewel n spesiale fiets pad eenkant gebou is ry al die fietse nog steeds op die hoofweg. Maar wat dis mos die nuwe Suid Afrika.

Christo Henrico ·

Hoekom tree verkeers personeel nie op teen voet gangers op snelweës nie, hulle hoort nie daar nie.

J.B. ·

Motoriste betaal om op die snelwee tr ry dan moet ons nog op die uitkyk wees vir voetgangers ook aijaijai

E ·

Ek voel vir die man en kleine kindjie!
Dink net hoe moet die man teenoor sy kind? voel en teenoor die kind se ma?
Ek was al in soortgelyke situasie, en glo my binne ń sekonde was daar eweskielik ń ou dame met ń kierrie voor my kar! Op ń hoofweg!!!!! hoe nou gemaak as die voetganger half meter voor jou is en daar is voertuie agter, voor en aan jou kante?

Die polissie moet hul fine!! enige persoon wat ń pad so oorsteek moet gefine word!! Dan sal hul dalk ophou. Weet die regering hoeveel winste hul so kan verdien?
maar nou ja, naamborde is wel nou belangrikker.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.