Een dood, twee beseer ná ongeluk by Gautrein-stasie

Argieffoto

ʼn Spoorwegwerker van die Gautrain-stasie in Midrand in Gauteng is dood en twee ander werknemers beseer ná ʼn ongeluk by dié stasie.

Luidens ʼn verklaring van Gautrein het die spoorwegvoertuig waarmee die 58-jarige werknemer treinwaens gesleep het, glo met swaar toerusting gebots.

Die treinwaens het glo op die spoorweg net voor die Midrand-stasie stilgestaan weens ʼn verlies aan traksiebeheer op pad terug van die Hatfield-stasie af. Die spoorwegvoertuig was glo veronderstel om die treinwaens terug na die stasie te neem.

Volgens die verklaring was daar geen passasiers binne die trein nie.

Die twee ander beseerde werknemers is volgens inligting gehospitaliseer, maar is steeds in ʼn stabiele toestand.

“ʼn Volskaalse ondersoek is van stapel gestuur om die presiese oorsaak van die ongeluk te bepaal. Ons onderneem om ons samewerking aan die Nasionale Reguleerder vir Spoorwegveiligheid (RSR) te gee tydens hulle onafhanklike ondersoek,” lui die verklaring.

Geen vertragings is aangemeld nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Cyril Blackburn ·

Dagsê Pieter
Dankie vir jou valkoog – ons vra om verskoning vir die oorsig, die berig is reeds gewysig.
Groetnis
Cyril nms Maroela Media

=Arie Weyers ·

Gautrein ongelu

n Trok vervoer goedere terwyl n treinwa mense vervoer dus kry n mens nooit n trok wat mense vervoer nie.

Barries ·

Het blykbaar in die onderhoudsdepot gebeur in Midrand. Eenheid wat trein terug na depot moes sleep konnie betyds stop nie. Afdraand…..dooie trein sonder remme…..wat het hulle gedink?

Nettie ·

Wat verwag hulle as hulle net regstellende aksie-aanstellings doen?

Riaan ·

Nettie, die persoon wat oorlede is , was n baie ervare treindrywer wat saam my gewerk het by Germiston Diesel, kry eers jou feite agter mekaar voor jy sulke nonsens kwyt raak

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.