Een dood, twee beseer toe nutshelikopter neerstort

(Foto: Hartbeespoort Emergency Medical Services)

Een persoon is dood en twee ander beseer toe ʼn ligte nutshelikopter Sondagoggend in die Krokodilrivier buite Brits in Noordwes neergestort het.

Leandré Spies, woordvoerder van Hartbeespoort Emergency Medical Services (HEMS), sê paramedici is omstreeks 11:45 na die toneel ontbied nadat die vlieënier van die helikopter daarin kon slaag om homself uit die wrak in die water te bevry en hulp te ontbied.

Twee passasiers was by die paramedici se aankoms op die toneel in die wrak vasgekeer. Paramedici het die water ingegaan en een persoon is met behulp van omstanders uit die water gebring voordat sy na ’n Johannesburgse hospitaal gehaas is vir mediese behandeling.

Die ander passasier is in die voorval dood.

Die vlieënier is na ’n hospitaal in Brits vervoer vir mediese behandeling.

Besonderhede omtrent die voorval is nie in dié stadium duidelik nie, sê Spies.

(Foto: Hartbeespoort Emergency Medical Services)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Boer ·

Ek wil net he julle moet die artikel reg maak jy kry nie n Nutshelikopter nie. Die Helicopter wat wel in die ongeluk was is n Alouette II.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.