Een dood, twee gewond in ‘sluipmoord’ op N1

Die Plattekloof-afrit was lank gesluit terwyl die polisie die toneel ondersoek het. Foto: ANA

Motoriste op die besige N1-snelweg in Kaapstad se noordelike stadsgebiede moes Woensdagmiddag vreesbevange toekyk hoe een persoon helder oordag in ʼn skietery in die verbyry doodgeskiet en nog twee gewond is.

“Ons ondersoek nog die omstandighede van die skietvoorval omstreeks 13:45 op die Plattekloof-afrit,” het kapt. FC van Wyk, woordvoerder van die polisie, Donderdagoggend by navraag aan Maroela Media gesê.

Die oorledene was ʼn 28-jarige man. ʼn Vrou (24) is in die skouer geskiet en nog ʼn man (26) in die maag, maar albei het die aanval oorleef.

Die skietery het ʼn ernstige verkeersopeenhoping op die nasionale pad veroorsaak nadat verkeersbeamptes die afrit gesluit het terwyl hulle die toneel ondersoek het.

Van Wyk sê die polisie ondersoek ʼn saak van moord en poging tot moord. “Polisiespeurders het die gebied gefynkam en volg alle moontlike leidrade op. Niemand is nog in hegtenis geneem nie.”

Volgens die webwerf Western Cape Gang Watch het die slagoffer se voertuig, ʼn wit Volkswagen Golf met ʼn Kaapse registrasienommer, sonder petrol op die afrit gaan staan. Daar was glo vier mense in die Golf.

Die bestuurder van ʼn Nissan Sentra met ʼn Bellville-registrasienommer het stilgehou om die Golf-bestuurder te help. Hy het twee mense by hom gehad.

“Terwyl hulle die Golf met ʼn sleeptou aan die Sentra vasgemaak het,” berig die webwerf, “het mense in ʼn silwer of grys Audi verbygery en op die mense geskiet. Ooggetuies beweer die Audi behoort aan ‘Donkie’ Jerome Booysen, vermeende leier van die Sexy Boys-bende.”

Van Wyk kon nie in dié stadium bewerings bevestig dat dit ’n bendeverwante sluipmoord is nie.

Enigeen met inligting oor die skietery word versoek om Stop Misdaad by 08600 10111 bel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

Nel ·

Nee!!! Wat de herrie gaan aan in ons land??????
Baie sterkte aan almal betrokke ??

Anoniem ·

Watse sterkte aan wie? Dis kriminele bendes wat mekaar probeer uitwis, ek gun hulle geen sterkte toe nie, want hulle veroorsaak die dood van etlike onskuldige mense.

John ·

Nee, dit gaan baie erger hier as ooit in die wilde Weste. Ten minste het beide kante destyds gewere gehad en dus gelyke kanse. Toe was cowboys en crooks nog ‘n gerespekteerde misdryf. Destyds was die goeie ou kroeg die enigste kragopwekker. Deesdae is doofmiddels, wat skrik vir niks en met sherrif-vergunning, ‘n plaaslike tuisbedryf.

Johan ·

Hoe is dit moontlik dat daai Donkie ou Nie agter tralies is nie?Regte connections??!!Wat n fees Moet dit nie wees on n bendelid in die nuwe SA te wees nie…patetiese SAPD,en asb moet nou nie weer maar daar is nog goeies ens….ons kan nie almal onder dieselfde kam geskeer word nie…..Toe ek in die ou SAPD was,was daar ook mindere goeie lede gewees,maar hulle was in die minderheid,daar was eenvoudig nie plek Vir slapgatte of lyf wegsteek gewees Nie.Jys baie vinnig uitgehaal as jy Nie 120% gegee het Nie.Omdat almal geweet her jys so sterk Soos jou swaktste skakel en almal veralgemeen.Kan hulle nie die SAP n nuwe naam gee nie?

Oop oë ·

Die Wes-Kaap word deur die bendes regeer, hulle maak en doen net wat hulle wil en polisie onbevoeg om enige-iets te doen.

Gert ·

Kriminele regeer die land…tyd dat wetsgehoorsames die boosheid vernietig!!

Josua Keys ·

Ek wil graag van die geleentheid gebruik maar om die polisie hoof asook mnr die president en sy party die volgende vraag te vra!!!!!! As julle kyk na die misdaad statistiek in SA waar vuurwapens betrokke was, wie was die draers van die wapens en wie het dit in die aanvalle gebruik, dit sluit video material as bewysstukke in, ek praat van velkleur, ek dink menere julle het geen rede om vuurwapen lisensies van witmense te weerhou nie maar die teenoorgestelde en dit het niks met rassisme uit te waai nie, dit is veite en as julle dit werklik ontleed, wie dra dan die meeste haat in die land, beslis nie witmense nie !!!! Ek persoonlik dink as julle ‘n veiliger SA wil hê moet juis witmense aangehits word om wapens te dra dan sal julle nie eens nodig hê om n korrupte polisiemag aan bewind te hou nie, dis duidelik wie die mees gedissiplineerde wapen draers in SA is met die minste haat, sê maar net….veite!!!!!

Helene ·

Gangster Paradise (SA) is verrot tot op die been. As ek negatief is, ek is net realisties. SA sal nooit weer blom nie. Sy het 25 jaar gelede gesterf!!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.