Een dood, twee gewond in taxi-skietery

Argieffoto

Argieffoto

Een persoon is dood en nog twee beseer nadat geweerskote Woensdagaand by die Noord-taxistaanplek in die Johannesburgse sakesentrum afgevuur is.

Kapt. Tsekiso Mofokeng, woordvoerder van die polisie, het gesê die voorval het omstreeks 20:00 plaasgevind. ʼn Omstander is doodgeskiet terwyl ʼn taxibestuurder en taxi-eienaar gewond is.

“In hierdie stadium is ons nie seker hoeveel mense skote afgevuur het nie, maar ooggetuies het gesê ’n man het ʼn groep mense by die taxistaanplek genader en begin skiet. Die taxi-eienaar en -bestuurder is na ʼn hospitaal gehaas vir behandeling.”

Niemand is nog in verband met die voorval in hegtenis geneem nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

CHRISTA ·

Kyk na al die berigte! Dit lyk asof MOORD ons land se NASIONALE SPORT is!!!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.