Kapt. Tsekiso Mofokeng, woordvoerder van die polisie, het gesê die voorval het omstreeks 20:00 plaasgevind. ʼn Omstander is doodgeskiet terwyl ʼn taxibestuurder en taxi-eienaar gewond is.
“In hierdie stadium is ons nie seker hoeveel mense skote afgevuur het nie, maar ooggetuies het gesê ’n man het ʼn groep mense by die taxistaanplek genader en begin skiet. Die taxi-eienaar en -bestuurder is na ʼn hospitaal gehaas vir behandeling.”
Niemand is nog in verband met die voorval in hegtenis geneem nie.
Kyk na al die berigte! Dit lyk asof MOORD ons land se NASIONALE SPORT is!!!