Een dood, twee kritiek na konstruksie-ongelukke

Foto: ER24

Foto: ER24

ʼn Konstruksiewerker is dood en nog twee kritiek beseer, tydens twee fratsongelukke Dinsdagoggend by boupersele in Sandton, Johannesburg.

Athlenda Mathe, woordvoerder van Netcare 911, het gesê paramedici is omstreeks 09:00 na ʼn konstruksieperseel ontbied waar ʼn werker dood is, nadat hy glo in ʼn bad vol water geval het. Volgens Mathe het paramedici probeer om die man by te bring, maar hy is op die toneel dood verklaar.

“Dit is nog nie duidelik hoe die man in die bad geval het nie. Dit sal deel vorm van die polisie-ondersoek na die voorval,” het sy gesê.

Foto: ER24

Foto: ER24

Intussen het nog twee konstruksiewerkers kritieke beserings opgedoen nadat ʼn struktuur by ʼn ander bouperseel, op die hoek van West- en Rivonia-rylaan, ineengestort het. Russel Meiring, woordvoerder van ER24, het gesê die mans het deur steierwerk tot op die grond geval.

“Altwee mans het veelvuldige beserings opgedoen en was in ʼn kritieke toestand. Die brandweerdienste het gehelp om die konstruksieperseel te ontruim, terwyl paramedici die mans op die toneel gestabiliseer het,” het Meiring gesê. “Hulle is daarna deur ER24 en ʼn ander private ambulansdiens na ʼn nabygeleë hospitaal gehaas.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Elizabeth ·

Dit is baie hartseer !en dit so na aan kersfees wanneer families saam moet wees….R
I.V. die man wat so tragies gesterf het…hoop die ander twee mans herstel volkome

Elizabeth ·

Tragies ! R.I.V. mnr en ek hoop die ander herstel volkome….so na aan kersfees wanneer gesinne saam wil wees .
Sterkte aan die families

Ig ·

Dit is ironies dat hoe meer veiligheids maatreëls ens daar is hoe meer ongelukke vind plaas

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.