Een dood, verskeie beseer na treine bots

Paramedici op die toneel. (Foto: Netcare 911)

’n Man is dood en verskeie ander mense beseer toe twee treine Woensdagaand op ’n treinspoor wes van Johannesburg gebots het. Een van die beseerdes is in ’n kritieke toestand.

Russel Meiring, woordvoerder van ER24, sê in ’n verklaring ’n passasierstrein het naby Bonny Dooneweg in Horizon View teen ’n goederetrein gebots.

Volgens Meiring het paramedici ná 21:20 met hul aankoms op die toneel verskeie treinwaens aangetref wat ontspoor het.

’n Man en ’n bejaarde vrou was in die stadium in een van die waens van die passasierstrein vasgekeer. Die man het noodlottige beserings in die voorval opgedoen en het geen teken van lewe getoon nie. Die vrou het verskeie beserings opgedoen en was in ’n kritieke toestand.

Paramedici op die toneel. (Foto: Netcare 911)

Volgens Meiring het reddingswerkers meer as twee uur lank gespook om die vasgekeerde vrou uit die trein te bevry, waarna sy per helikopter na ’n private hospitaal gehaas is.

Verskeie nooddienste het sowat 30 pasiënte op die toneel behandel. Drie van die pasiënte is na ’n hospitaal geneem. Die ander het vervoer na ’n hospitaal van die hand gewys.

Die toepaslike owerhede was op die toneel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

Leon ·

Swart ekonomiese bemagtiging in die beheerkamer. Daar is geen verantwoodelikheid nie. Werk op Afrika tyd. as twee trine op dieselfde spoor is, dan is dit”Eish, wat nou”. Letterlik. Jy moet daar wees om dit te sien.

Kompas ·

Dis omdat Transnet geen instandhoudingswerk aan die spoorllyn doen nie. Ons treinnetwerk is besig om in duie te stort. Jammer oor die lewensverlies.

Leonie ·

Dis verskriklik. En die man wat dood is en sy vrou wat beseer is is nie eers SA burgers nie. Swak Prasa!! Raak ontslae van julle breindood werkers wat al hoe meer die ongelukke veroorsaak. Onskuldige mense gaan dood en kry seer as gevolg van onbevoegdheid deur julle werkers. Seker gesit en slaap as usual!!

antieke antie ·

wat die ergste is …. die lot onbevoegde werkers besef nie eers hulle is te stupid om die werk te doen…hulle het nie die werkende breinkrag nie…. in al die jare kom daar nie vooruitgang in daai brein nie….. en hulle bewys ons nie verkeerd wat so dink nie…. hulle kan die vooruitgang nie hanteer nie….en ongelukkig verloor mense hulle lewens…..

Scalla ·

Daar was agv diefstal nie n wise grip en spanner beskikbaar om die wisselaar te change nie!!!

Jakes ·

Was self in middelbestuur in Transnet vir 25 jaar. Toe kon ek met trots vertel dat ek vir Spoornet werk. Vandag sal ek te skaam wees om dit te se. Die hoeveelheid ontsporings in SA is skrikwekkend agv nalatigheid. Wonder maar net of taxidrywers dalk as treindrywers aangestel word? Die enigste rede vir die huidige situasie is totale onbevoegdheid van onder na bo.

Sobymykoolkop ·

Ook hier staan die beste stuurman aan wal. Julle het geen idee waarvan julle praat nie.Transnet is een van die beste maatskappye om voor te werk, die slaagsyfer in die operasionele grade, d.i. treindrywer, terreinpersoneel ens ens is 80%. Weet julle onder watter omstandighede werk die mense??? Sinjale en kabels wat essensieel is vir die veilige werking van treine word op die grond afgesny en weggedra, oorhoofse hoëspanning drade bo elektriese treine word snags gesteel. Soos alles glo bestuur nie baie aan instandhouding nie en die “gewone” werkers moet die spit afbyt.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.