Een mens is dood en nog vier beseer toe drie voertuie Woensdagaand op Elias Motsoaledi-rylaan in Dobsonville in die weste van Johannesburg gebots het.
Werner Vermaak, ER24-woordvoerder, sê dié nooddiens en ander dienste het by hul aankoms op die toneel omstreeks 20:30 twee motors en ʼn minibustaxi wat in ʼn botsing betrokke was aangetref.
“Een van die motorbestuurders het noodlottige beserings opgedoen en is op die toneel dood verklaar. Die taxibestuurder was vasgevang in sy voertuig en moes deur ER24-reddingspersoneel bevry word.”
Vier insittendes van die taxi en die ander motor is vir matige beserings behandel voordat hulle vir verdere sorg na die Leratong-hospitaal geneem is.
Vermaak sê dis nog nie duidelik hoe die botsing gebeur het nie, maar beamptes was op die toneel om ondersoek in te stel.
ai tog nie mooi nie maar as ek ‘n taxi sien ry ek maar dadelik stadiger
Jul opskrif sê 1 dood en 4 beseer. Die 1ste sin van die berig sê 1 dood, 5 beseer
Dagsê Yolandi
Dankie vir jou kommentaar. Ons vra om verskoning vir die oorsig, die berig is reeds gewysig.
Groetnis
Tania nms Maroela Media