Een dood, vier beseer in Pta-botsing

Foto: Netcare 911

Foto: Netcare 911

ʼn Vrou is dood en vier mense is ernstig beseer in ʼn botsing Woensdagmiddag in Sefako Makgatho-rylaan (voorheen Zambezirylaan) in die noorde van Pretoria.

Santi Steinmann, woordvoerder van Netcare 911, het gesê die botsing het by die kruising van Zambezirylaan en Dr. Swanepoel-weg in Montana plaasgevind.

Steinmann het gesê een van die voertuie het tydens die botsing omgeslaan en dat ’n verkeerslig op die voertuiggeval het. Die liggaam van ʼn vrou is in een van die motors gevind. Paramedici het die vrou probeer bybring maar dit was onsuksesvol en sy is op die toneel dood verklaar. Die vrou was ʼn passasier in die motor.

Die bestuurder van die motor is ernstig beseer. Sy en die drie insittendes van die ander motor is op die toneel behandel voordat hulle na nabygeleë hospitale vervoer is vir verdere behandeling.

Verkeer is erg ontwrig weens die botsing. Die presiese oorsaak van die ongeluk word ondersoek.

Foto: Netcare 911

Foto: Netcare 911

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

14 Kommentare

Peet Schabort ·

Gewoonlik kruis voertuie veilig by ‘n kruising wanneer verkeersligte in beide rigtings alreeds rooi en groen is.

Peet Schabort ·

Wees egter uiters versigtig wanneer jy regs wil draai en wag vir aankomende verkeer totdat die lig oranje of selfs alreeds ROOI is want teen daardie rooilig word daar oorgefoeter. Dit is ‘n siekte wat ek in veral Zambesiweg (Pretoria) en “Die kruising van die dood” in Van der Bijlpark gereeld ondervind. Lg is die Barrageweg (R42) en die R57 vanaf Sasolburg waar daar ook kameras WAS maar ‘n stelery het gemaak dat dit nooit vervang is.

SNEL ·

Goeiste, wat n tongknoper naam vir n straat. Ek weet dit het nou niks met die berig te make nie, maar die naamsveranderrings is regtig nie altyd vir die beter nie, en mens weet nie eers waar jy jou bevind nie. Hoe verduidelik jy nou iemand hoe om te ry, as jy nie eers die naam van die straat kan uitspoeg nie.

Malinda ·

Blykbaar n bmw wat n hengse spoed rooi robot geignoreer het, en toe blykbaar die rassekaart gespeel toe die paramedici die dame wat oorlede is eerste gehelp het. Ek volg van gistraand af die gebeure op fb. Die oorledene maar n jonge 20 jaar oud

Peet Schabort ·

Hoe uiters hartseer Malinda. Sou hy skuldig wees is die aanklag MOORD. Niks anders want ‘n oranjelig beteken mos ‘voet in die hoek’.
Hierdie ongeluk moes dan nie plaasgevind het.

Narike ·

Ek was een van die bestuurders wat vasgevang was in daardie verkeers opeenhoping. Ek was letterlik 50m van die een wrak af en het die hele tyd gesit en kyk hoe paramedici die vroutjie probeer bybring het met cpr. Ek het nog nooit so koue angsbevange seer gevoel nie. Om te besef dat daar ‘n pragtige jong vrou op die grond lê en almal om haar probeer haar lewe spaar. Dit vat aan jou… Dan moet mens jou kop sak en dankie sê dat jou lewe gespaar is en vra vertroosting en krag vir die familie. Laat die oortreder homself maar uitsorteer, Lesufi betaal hom seker.

Bertus ·

Narike
Kon jy agterkom wat gebeur het om die ongeluk te veroorsaak. Was dit net die twee voertuie betrokke?

Narike ·

Nee, toe die ry tot stilstand gekom het, het die ongeluk klaar plaasgevind.

susan ·

Peet, dieselfde het nou die dag met my gebeur by Zambesie en Veronicaweg. Gelukkig was my beskermengel by. Ek het stadig weggetrek toe woerts die bakkie met die afrika man in, verby. Ek kan net dankie se ek was n paar sekondes stadig.

Peet Schabort ·

Dries, dit is ‘n landswye siekte om verkeerstekens en -wette te verontagsaam.
Onthou dat as jy voor in die koor by ‘n robot is en die reg het om wetlik te ry maak eers seker dat daar nie nog ‘n dom d@nner is wat oorjaag.
Hertoets gaan nie help nie want dan gaan die padvarke mos weet wat om te doen.
Wetstoepassers is die enigste op die pad maar hulle skitter in hul afwesigheid.

Se Maar Net ·

Dit is vreemd die oomblik as mens agter die stuur inklim, begin mense waaksaamheid in oortreffende trap toeneem. Maar dan wil ek terselfde tyd se my humeur ook. Want waar die
lede hul lisensies bekom het, is sekerlik alomwetend. Verontagsaming van alle reels. En die Metro hier in Centurion eet pasteie langs die pad. Oranje of Rooi, is GROEN hier by ons.

En bewaar jou as jy wil -wil voor hul inry!!

Lady ·

Dit is net vir my so tragies dat ‘n pragtige jongmens se lewe, met ‘n belowende loopbaan voor haar, op so ‘n manier kortgeknip moes word… Die oorledene was ‘n student by ons, halfpad deur haar derde studiejaar. En hoekom? Net omdat een persoon blykbaar ‘n onbesonne ding aangevang het en nie net ‘n paar minute by ‘n rooi verkeerslig kon wag nie? Nou is nie net een familie nie, maar twee families hierdeur geaffekteer!

Narike ·

Die woorde oor die gruwel ongeluk is nog nie koud nie en net vanoggend JAAG daar weer ten minste 6 voertuie oor daardie selfde ROOI robot.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.