Een dood, vier beseer toe motor rol

Foto: ER24.

Een persoon is dood en vier ander beseer toe die motor waarmee hulle gereis het Sondagmiddag gerol het.

Ineke van Huyssteen, woordvoerder van ER24, het gesê die ongeluk het op die R54 op die Villierspad naby Vaal Marina in Gauteng plaasgevind.

“Toe paramedici net voor 17:00 by die toneel opdaag het hulle die voertuig op sy dak aangetref. Een persoon is op die toneel dood verklaar,” het van Huyssteen gesê.

Drie ander mense is ernstig beseer terwyl een ander matig beseer is.

“Twee van die ernstig beseerdes is per mediese helikopter na ʼn nabygeleë hospitaal gehaas,” het Van Huyssteen gesê.

Die ander beseerdes is ook na hospitale vervoer vir mediese behandeling.

Die presiese omstandighede van die ongeluk is nog nie bekend nie, maar die polisie ondersoek die voorval.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Wolf ·

So jammer, My innige meegevoel vir die naasbestaandes.Sjoe wonder wat het regtig verkeerd gegaan op hierdie mooi pad by Vaaldam?

Oom Kalahari ·

Sterkte aan al die naasbestaandes van die oorledene in jul groot verlies asook sterkte aan die beseerdes en hoop jul herstel is spoedig.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.