Een dood, vier kritiek ná voertuie van voor bots

‘n Foto van die toneel (Foto: ER24)

ʼn Man is dood en vier ander mense ernstig beseer toe ʼn bakkie en ʼn motor Vrydagoggend op die R59 in Meyerton in Gauteng reg van voor gebots het.

Russel Meiring, ER24-woordvoerder, sê twee mans het met die aankoms van die nooddienste op die toneel buite die bakkie gelê. Hy sê twee ander mans was in die wrak van die bakkie vasgekeer en ʼn vyfde persoon, die bestuurder van die motor, was ook in ʼn ernstige toestand in die motor vasgekeer.

Meiring sê paramedici het die beseerdes onmiddellik ondersoek. ʼn Passasier in die bakkie was glo reeds dood weens die omvang van sy beserings. Die drie ander beseerdes wat in die bakkie gereis het, is onmiddellik met lewensondersteunende middels behandel.

Midvaal-brandweerdienste moes die bestuurder van die motor met behulp van meganiese toerusting uit die wrak bevry, waarna hy ook behandel is.

Meiring sê die bestuurder van die bakkie, wat die ernstigste beserings opgedoen het, is per helikopter na ʼn hospitaal vervoer. Die drie ander beseerdes is per ambulans na ʼn nabygeleë hospitaal vervoer.

Die presiese oorsaak van die ongeluk is nie in dié stadium bekend nie. Polisiebeamptes was op die toneel om ʼn ondersoek te begin.

‘n Foto van die toneel (Foto: ER24)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

10 Kommentare

jongste oudste gewildste
Anton Van Staden

Hoe bots 2 voertuie van voor op ‘n hoofweg?

pieter

Oorsaak nie bekend nie? Ek kan van hier af sien daar was een wat in die verkeerde rigting gery het, hou asb op om so bang te wees om die waarheid te skryf.

Chris Ws

Dis baie duidelik een voertuig was in die verkeerde rigting op die’ rybaan maar watter een?Daar moes sekerlik ‘n paar ooggetuies van die ongeluk gewees het.Maar magtig die’ soort van ding gebeur nou kort-kort.Ek verstaan dit nie.Die twee rybane is ver uitmekaar.

Speedguard

@Peet, ek stem saam, die “wetstoepassers” kan nie hul werk doen nie, ek was jare daar, dit is ‘n besigheid en die “till” moet roll , ongelukkig het hul die rol oorgeneem om tollenaars te word , hul konsentreer net waar daar fondse ingesamel kan word, op my dae was dit jou doel om die verkeer en die publiek te help met die veilige vloei van verkeer en elke dag te rapporteer wat jy opmerk tekort kom op patrollie om die veiligheid van die padverbruiker te verseker, maar werk dit ongelukkig nie so nie , nie meer nie , maar… Lees meer »

Peet Schabort

Jy is reg Speedguard. Ek rig ook ‘n uitdaging aan AARTO om my te vergesel op die paaie en uit te wys in wat ‘n gemors is padverkeer. Dink jy hulle sal dit aanvaar? Ek glo nie. Maroela Media kan my e-pos aan hulle gee. Kom ons kyk wat gebeur.