Een dood, vier kritiek ná voertuie van voor bots

‘n Foto van die toneel (Foto: ER24)

ʼn Man is dood en vier ander mense ernstig beseer toe ʼn bakkie en ʼn motor Vrydagoggend op die R59 in Meyerton in Gauteng reg van voor gebots het.

Russel Meiring, ER24-woordvoerder, sê twee mans het met die aankoms van die nooddienste op die toneel buite die bakkie gelê. Hy sê twee ander mans was in die wrak van die bakkie vasgekeer en ʼn vyfde persoon, die bestuurder van die motor, was ook in ʼn ernstige toestand in die motor vasgekeer.

Meiring sê paramedici het die beseerdes onmiddellik ondersoek. ʼn Passasier in die bakkie was glo reeds dood weens die omvang van sy beserings. Die drie ander beseerdes wat in die bakkie gereis het, is onmiddellik met lewensondersteunende middels behandel.

Midvaal-brandweerdienste moes die bestuurder van die motor met behulp van meganiese toerusting uit die wrak bevry, waarna hy ook behandel is.

Meiring sê die bestuurder van die bakkie, wat die ernstigste beserings opgedoen het, is per helikopter na ʼn hospitaal vervoer. Die drie ander beseerdes is per ambulans na ʼn nabygeleë hospitaal vervoer.

Die presiese oorsaak van die ongeluk is nie in dié stadium bekend nie. Polisiebeamptes was op die toneel om ʼn ondersoek te begin.

‘n Foto van die toneel (Foto: ER24)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

Heleen Naude ·

Anton ek het presies nou dieselfde vraag gevra. ????????

Thinus ·

Op daai stuk snelweg het ek al n paar keer gesien hoe mense besluit hulle maak sommer n u-draai net daar en aangesien daar geen skeiding is nie is die soort ding die resultaat. Almal gaan aan oor spoed maar dit is dom goed wat mense op ons paaie aanvang wat metro polisie heeltemal ignoreer en selfs deel is van wat die grootste probleem is.

Freud ·

Hoe spoed en gebarsde voorband kan jou op die ander ryvlak laat beland.

pieter ·

Oorsaak nie bekend nie? Ek kan van hier af sien daar was een wat in die verkeerde rigting gery het, hou asb op om so bang te wees om die waarheid te skryf.

Chris Ws ·

Dis baie duidelik een voertuig was in die verkeerde rigting op die’ rybaan maar watter een?Daar moes sekerlik ‘n paar ooggetuies van die ongeluk gewees het.Maar magtig die’ soort van ding gebeur nou kort-kort.Ek verstaan dit nie.Die twee rybane is ver uitmekaar.

Irmela ·

Die bakkie het van Vereeniging af gekom oppad Jhb rigting gery en oor die middelman gegaan en die ander voertuig wat van Jhb af gekom het oppad na Vereeniging rigting getref

Peet Schabort ·

Heel moontlik is jy reg Irmela. Gaan kyk tog ook by Ravelweg by Ocumed (Vanderbijlpark) hoe maklik jy op die R57 rigting Sasolburg kan beland aan die verkeerde kant van die snelweg omdat die geentoegang-tekens ontbreek by die oprit na Ravelweg vanaf die R57. Ek het foto’s geneem in 2010 en daar was ook ‘n berig in Vaalweekblad hieroor maar die betrokke owerheid vee hom af hieraan. Dis waarom ek vra vir waar ook ek ‘demerit’-punte kan aanteken teen AARTO oor gebrekkige padtekens. Gaan kyk ook sommer aan weerskante van die R57 en aangrensende Baddrifbrug hoe in ‘n skokkende toestand is die padrelings oor die Vaalrivier. In die onlangse verlede was daar ‘n ongeluk waar iemand dood is omdat hy reg in die punt van die reling vasgery het.

Speedguard ·

@Peet, ek stem saam, die “wetstoepassers” kan nie hul werk doen nie, ek was jare daar, dit is ‘n besigheid en die “till” moet roll , ongelukkig het hul die rol oorgeneem om tollenaars te word , hul konsentreer net waar daar fondse ingesamel kan word, op my dae was dit jou doel om die verkeer en die publiek te help met die veilige vloei van verkeer en elke dag te rapporteer wat jy opmerk tekort kom op patrollie om die veiligheid van die padverbruiker te verseker, maar werk dit ongelukkig nie so nie , nie meer nie , maar was dit maar altyd wie die meeste sake skryf en wat die inkomste is vir die “kantoor ” vir die maand en jaar om jou begroting te kan regverdig ! Juis die rede waarom ek die beroep vaarwel toegeroep het omrede jy aan ‘n vervolgings waansin moet ly om jou dag se werk te regverdig dmv uitreikings en nie hulp verlening nie. Natuurlik moet jy ook oor die houding kan beskik nml. ek het die badge en jy sal pak kry as jy nie luister nie!

Peet Schabort ·

Jy is reg Speedguard. Ek rig ook ‘n uitdaging aan AARTO om my te vergesel op die paaie en uit te wys in wat ‘n gemors is padverkeer. Dink jy hulle sal dit aanvaar? Ek glo nie. Maroela Media kan my e-pos aan hulle gee. Kom ons kyk wat gebeur.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.