Een dood, vier vas ná skietery op R21

Foto: SAPD

Die polisie het Woensdag in die vroeë oggendure ʼn vermeende rower doodgeskiet en vier ander in hegtenis geneem op die R21-snelweg in Gauteng.

Volgens kapt. Mavela Masondo, Gautengse polisiewoordvoerder, soek die polisie al ʼn ruk lank na verdagtes wat betrokke is by die diefstal van motorfietse, bote en karavane in die provinsie. Die polisie het inligting ontvang dat verdagtes ʼn motorfiets in Pretoria gaan steel.

“Ses verdagtes in ʼn Toyota Hilux-bakkie met ʼn sleepwa en ʼn Toyota RunX het vroegoggend ʼn motorfiets in Centurion gesteel.”

Foto: SAPD

Polisiebeamptes het die verdagtes agtervolg tot op die R21-snelweg waar daar naby die Olifantsfonteinweg-afrit ʼn skietgeveg tussen polisiebeamptes en die verdagtes uitgebreek het.

“Een verdagte is noodlottig gewond, terwyl nog een gewond en onder polisiebewaking na ʼn nabygeleë hospitaal geneem is vir behandeling. Drie verdagtes is in hegtenis geneem.”

Buiten die verdagtes se motor en die gesteelde motorfiets is ook op twee vuurwapens beslag gelê. Die sesde verdagte kon daarin slaag om weg te kom en word deur die polisie gesoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

belinda ·

ja nee almal moes ge groet het, hoekom wys hulle nie die gemors se gesigte nie sodat almal kan sien watse varke hulle is. ja nee laat hul op die vloer in die hospitaal le sonder pynpille, die gemors !!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!

Theresa ·

Heng, nou ry hulle al met sleepwaens ook rond. Net jammer die syfers in die artikel is verkeerd. Dit moes gewees het 4 dood en 1 vas…………………………………………..

koos ·

Nog erger is die feit dat hulle vuurwapens dra. Dit wys dat hulle bereid is te moor om hulself te verryk.

anton ·

Koos, daar is meer krimminele met vuurwapens daar buite as wetgehoorsame burgers met wapens.
Hulle hi-jack of beroof nie mense met messe nie!!!Indien wel, is dit bitter min die geval.
Meeste het vuurwapens!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.