Een dood, vier vermis ná boot omslaan

Foto verskaf deur ER24

Vyf mans in hul 30’s het Saterdagmiddag vermoedelik verdrink ná hul boot op die Vaalrivier naby Spider Valley Road omgeslaan het.

Twee persone, ʼn man en ʼn vrou, ook in hul 30’s, het met geringe beserings die voorval oorleef, het Ross Campbell, woordvoerder van ER24, gesê.

“Paramedici was omstreeks 17:50 op die toneel met die Suid-Afrikaanse Polisiediens en Metro-nooddienste. Een liggaam is reeds gevind en vier persone word nog vermis. Metro-nooddienste het die man dood verklaar.”

Die twee persone, wat die voorval oorleef het, het vervoer na die hospitaal van die hand gewys. Die man het verduidelik water het by hul boot begin inlek voor dit omgeslaan het.

Die polisie was op die toneel en stel verder ondersoek in. Reddingsduikers is op soek na die vermiste persone.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

amapinki ·

My inner simpatie aan hulle naasbestaandes. Dit is baie hartseer.♡

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.